Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
K-woord, f-woord vlieg in debat
Nazier Paulsen, EFF-LP Foto: Argief

“Moenie vir my f**ken vertel wat om te doen nie!”

Só het Nazier Paulsen, EFF-LP, Yusuf Cassim van die DA toegesnou toe die begrotingsdebat van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking Dinsdag in die parlement driftig geraak het.

Dit was Munzoor Shaik-Emam, NFP-LP, wat sake aanvanklik warmer gemaak het toe hy ’n aanval op die DA van stapel gestuur het omdat dié party volgens hom Israel se onderdrukking van Palestina steun.

“Skandalig, DA-lede wat kies om Palestina te onderdruk!” het hy gesê.

Yusuf Cassim Foto: Argief

Cassim het uitgeroep: “Moenie Islam vir jou eie doeleindes gebruik nie!”

’n Onderlinge woordewisseling het tussen Cassim en Paulsen ontstaan. Paulsen het van Cassim weggedraai en stilgebly, waarna Cassim iets aan Paulsen gesê het wat onhoorbaar in die mediagalery was.

Paulsen het opgespring, langs Cassim se bank gaan staan en toe die bogenoemde woorde, wat duidelik in die persgalery hoorbaar was, geuiter.

Cassim het op ’n punt van orde opgespring en gesê Paulsen het hom gevloek.

Paulsen het opgespring en gesê: “Jy het my gevloek! Jy het my gevloek!”

James Lorimer, DA-LP, het gesê Paulsen het die “k-woord teenoor Cassim gebruik.

Toe hy sy toespraak hervat, het Shaik-Emam gesê die “k-woord” beteken ongelowige, en dit is wat ’n mens is wanneer jy jou eie mense onderdruk.

Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, het gesê sy het gesien Paulsen en Cassim was in ’n woordewisseling betrokke.

“Ons lede moet leer hoe om hulle in die raad te gedra,” het sy gesê en voorgestel dat die voorval behoorlik ondersoek word.

Grace Boroto, voorsittende beampte, het gesê sy het nie gehoor wat gesê is nie en albei aangeraai om deur hul swepe die kwessie na die reëlskomitee te neem.

“Kan ons onsself herinner hoekom ons hier is?” het Boroto gesê.

News24 het berig dat Paulsen aan Cassim gesê het: “Jou Zionistiese uitverkoper-k****r!”

Meer oor:  Israel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.