Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Kaapstad moet groter rol in nasionale politiek speel’

Met ’n nasionale regering wat Suid-Afrika tot ’n mislukte staat dryf wat al hoe minder basiese dienste sal lewer oor die volgende dekade, is die fokus op die Kaapstad-metroraad om ’n leidende rol te speel – ook in nasionale politiek.

Só sê Geordin Hill-Lewis, DA-LP en die party se woordvoerder oor finansies, wat staan as kandidaat om die volgende burgemeester van Kaapstad te word.

Hill-Lewis sê daar word ’n nuwe fase in Suid-Afrikaanse politiek betree met ’n mislukte staat wat al hoe meer in duie gaan stort.

Die Kaapstad-metroraad sal nou meer as ooit ’n nasionale dryfveer moet wees om dienste soos elektrisiteitsvoorsiening en die veiligheid van inwoners te verseker. Om dié rede is hy die ideale kandidaat vir die amp, sê Hill-Lewis.

Geordin Hill-Lewis, DA-LP en die party se woordvoerder oor finansies, wat staan as kandidaat om die volgende burgemeester van Kaapstad te word. Foto: Verskaf

In sy verklaring aan die DA-koukus in die metroraad sê Hill-Lewis almal sal met hom saamstem dat Kaapstad ’n model moet wees vir wat die beste in die land en die beste van die DA is.

“Ons weet dat die nasionale regering se fiskale krisis al die sfere van die regering en alle diensvlakke sal raak. Daarom kan dit nie sake soos altyd wees nie. Dit sal slegs ’n waarborg wees van ’n stadige agteruitgang in die jare vorentoe,” volgens Hill-Lewis.

Hy waarsku raadslede dat hulle in die toekoms moeiliker vrae van gefrustreerde gemeenskappe sal moet antwoord.

Hill-Lewis sê hy het die laaste 17 jaar daaraan gewerk om die DA in Kaapstad uit te bou. As die DA se nasionale woordvoerder oor finansies verstaan hy die nasionale ekonomie en finansies goed en wat Kaapstad se plek daarin is.

Die ander twee kandidate wat meeding om die benoeming as burgemeester, is Dan Plato, huidige burgemeester van Kaapstad, en Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse DA-leier en LUR vir vervoer en openbare werke.

Meer oor:  Geordin Hill-Lewis  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.