Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kabinet, amptenare ‘terug skool toe’

Lede van die kabinet en staatsamptenare gaan almal terug “skool toe” om te leer om beter te regeer en planne meer doeltreffend in werking te stel.

Só het Jackson Mthembu, minister in die presidensie, Donderdagoggend in Pretoria op ’n mediakonferensie oor vandeesweek se kabinetsvergadering gesê.

Mthembu sê die kabinet het twee opleidingsprogramme vir staatsamptenare goedgekeur, wat hy hoop die staat se kapasiteit sal vergroot.

“Die eerste opleidingsprogram is die ekonomiese regering-lenteskool wat amptenare van alle sfere van die regering byeenbring. Premiers, lede van provinsiale uitvoerende komitees (LUR’e) en ministers sal dit bywoon.”

Minister in the Presidency Jackson Mthembu.
Jackson Mthembu,minister in die presidensie.

Die minister sê dié program sal “leerperspektiewe” vergroot oor die uitdagings van regeer waarmee die staat en die regering te kampe het.

“Die nasionale regeringskool sal dit in samewerking met die skool vir regeerkunde aan die Universiteit van die Witwatersrand en die O.R. Tambo-regeringskool van Unisa aanbied. Geen mens is ooit te oud om te leer nie.”

Die tweede program is ontwerp vir regeringshoofde. University College London sal dié program in samewerking met die nasionale regeringskool aanbied.

Mthembu het voorts gesê die kabinet erken die regering het nog altyd tekort geskiet wanneer dit by die implementering van regeringsplanne kom.

“Daar is wonderlike planne, maar dit word nie uitgevoer nie. Hopelik sal dié opleiding help.”

Hy het in vraetyd gesê niemand is verhewe bo opleiding om hul werk beter te kan doen nie.

Die kabinet het ingestem dat “ons opgelei en onderrig moet word om die kapasiteit van die staat te verbeter”.

Meer oor:  Jackson Mthembu  |  Kabinet  |  Presidensie  |  Opleiding  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.