Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kabinet bespreek e-tol eers in 2020

Die kabinet het die e-tolkwessie uitgestel en dit sal eers in die nuwe jaar bespreek word.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Dinsdag terugvoering aan die media gegee oor Vrydag se kabinetsveragdering en gesê ’n finale besluit is geneem oor die voorstelle van die taakspan gelei deur Fikile Mbalula, die minister van vervoer.

“Die kabinet sal definitief in die nuwe jaar klaarheid hieroor hê.”

Hy het gesê die vraag is watter meganisme gebruik moet word vir die instandhouding van die Gautengse hoofweg en die projek wat die verbetering daarvan hanteer.

Mthembu het gesê deur nie die besluit af te jaag nie, kan hulle selfs wyer as Gauteng begin dink.

“Dit sal definitief by die volgende kabinetsvergadering afgehandel wees. Ek kan my kop op ’n blok sit.”

Die ANC in Gauteng het die regering probeer oortuig om die stelsel te skrap omdat hulle glo dat het ’n negatiewe invloed op inwoners in dié provinsie.

Maar in sy mediumtermynbegrotingsrede in Oktober het Tito Mboweni, minister van finansies, hakke ingeslaan en gesê die “gebruiker-betaalbeginsel” – die e-tolstelsel – is hier om te bly.

Gautengse padverbruikers se teësin om te betaal het tot geldelike probleme vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gelei.

City Press het voorheen berig die mediumtermynbegrotingsraamwerk-dokument het gewys Sanral het ’n algemene jaarlikse verlies van R1 miljard sedert 2014-’15 gely.

Meer oor:  Jackson Mthembu  |  Fikile Mbalula  |  E-Tol  |  Kabinet  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.