Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kabinet byeen: Dis wat presidensie nóú oor Zuma sê
Die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal, waar oudpres. Jacob Zuma sy tronkstraf uitgedien het totdat hy op mediese parool vrygelaat is.

As daar enige “wandade” met die mediese parool van oudpres. Jacob Zuma gepleeg is, verwag die kabinet dat die “normale” instellings dit moet hanteer, sê Mondli Gungubele, minister in die presidensie.

Dit was Dinsdagoggend Gungubele se antwoord op die eerste dag van die kabinetslekgotla in die Uniegebou in Pretoria toe joernaliste hom uitgevra het of pres. Cyril Ramaphosa van die staanspoor af daarvan bewus was dat hierdie parool aan Zuma toegestaan sou word.

“Wat vir ons saak maak, is dat iemand wat die gesag gehad het om daardie besluit te neem die hoof van korrektiewe dienste (Arthur Fraser) is. Hy het die magte om so ’n besluit te kon neem. As daar enige wandade is, verwag ons dat die normale instellings dit verder sal hanteer. Ons is egter tevrede daarmee dat die persoon wat die bevoegdheid gehad het om daarmee te werk, dit hanteer het.”

Gungubele was egter nie bereid om te sê of Ramaphosa van die staanspoor af van die mediese parool geweet het nie. “Die president is beter geplaas om dit self te antwoord. Ons is egter gemaklik daarmee om te sê die relevante instelling wat daardie besluit moes neem, het dit gedoen.”

Inentingsprogram en ekonomie word bespreek

Volgens Gungubele sal Suid-Afrika se ekonomiese herstel, die opkomende mediumtermyn-begroting en die land se Covid-19-inentingsprogram hoog op die agenda van die kabinetslekgotla wees.

“Ons is bekommerd oor mense se huiwering om ingeënt te word en werk hard daaraan om mense bewus te maak van die verband tussen inentings en die oopstel van die ekonomie.”

Hy het ook herhaal dat die kabinet steeds inentingspaspoorte bespreek.

“Inentingspaspoorte is een van die pakkette wat oorweeg word. Een sleutelkwessie waarna ons kyk, is ’n digitale inentingspaspoort omdat ’n kaart baie problematies kan wees. Ons bespreek dit tans en is seker dat ons binne ’n paar weke daaroor sal besluit.”

Oor privaat maatskappye wat glo hul werknemers wil dwing om ingeënt te word en indien nie, hulle met afdankings dreig, het Gungubele gesê: “Die ideaal is dat alle Suid-Afrikaners ingeënt moet word. Maar ons sal te alle tye verseker dat hoe dit ook al gedoen word, nie 'n skending van ons Grondwet sal wees nie.”

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Mondli Gungubele  |  Minister In Die Presidensie  |  Pretoria  |  Zuma Se Parool  |  Lekgotla  |  Kabinet  |  Inentings  |  Ekonomie  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.