Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kabinet hopelik leiers wat kan dien, sê Tokyo

Terwyl hooggeplaastes by Loftus Versfeld begin aankom, het gissings oor wie in pres. Cyril Ramaphosa se kabinet kan dien, sterk geloop.

Die inkomende kabinet moenie net “ja-en-amen-broers” wees nie en nog minder ’n herhaling van wat met staatskaping gesien is, sê Tokyo Sexwale, sakeman en voormalige minister van menslike nedersettings.

“Dit moet ’n kabinet wees wat na ons, die mense, luister en nie na die grootbaas nie. En waar hulle onthou hulle is die dienaars van die mense.”

Naledi Pandor by die inhuldiging. Foto: Deaan Vivier

Daar word verwag Ramaphosa sal die nasie net ná middagete toespreek en na verwagting sy nuwe kabinet kort daarna bekend maak.

Vroeër die week het Nomvula Mokonyane en Malusi Gigaba, wat albei by bewerings van staatskaping betrek is, uit die parlement onttrek.

Mokonyane word daarvan beskuldig dat sy geskenke van Bosasa ontvang het in ruil vir gunste.

Gigaba, voormalige minister van binnelandse sake, is midde-in die storm van burgerskap vir die omstrede Gupta-familie.

Ook David Mabuza, adjunkpresident van die ANC, het sy beëdiging vandeesweek afgestel omdat hy eers sy naam wil skoon kry.

Bathabile Dlamini sê die kabinet moet verteenwoordigend wees van vroue en veral jong vroue.

Naledi Pandor wou nie betrek word by bespiegelings oor of Ramaphosa haar of vir Nkosazana-Dlamini Zuma as sy adjunk sal aanstel nie.

“Die president stel self die adjunk aan. Ons word nie vir onderhoude genader nie,” het sy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.