Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kabinet: Sal dié 12 al die faksies tevrede hou?

Alle oë is nou op pres. Cyril Rama­phosa in afwagting van die aanstelling van sy nuwe kabinet.

Dis nie ’n maklike taak nie, want hy moet strydende faksies in die ANC tevrede hou én alliansievennote beloon vir hul ondersteuning.

Moontlike kandidate vir kabinetsposte is:

David Mabuza

David ‘DD’ Mabuza

As adjunkleier van die ANC was Mabuza die ooglopende kandidaat as Ramaphosa se regterhand, maar hy die kans om as adjunkpresident aangestel te word, minstens tydelik verbeur met sy versoek dat sy inhuldiging as parlementslid uitgestel word. Mabuza wil glo eers sy naam in ere herstel omdat die ANC se integriteitskomitee ongerymdhede in sy termyn as premier van Mpumalanga uitgewys het. Die Grondwet bepaal die adjunkpresident moet ’n parlementslid wees, maar dit beteken nie Mabuza kan nie elders aangewend word nie. Hy het ’n deurslaggewende rol gespeel om Ramaphosa te help om in 2017 beheer oor die ANC te verkry.

Naledi Pandor

Naledi Pandor

Pandor, voormalige minister van hoër onderwys, was in 2017, toe Ramaphosa beheer oor die ANC oorgeneem het, sy voorkeurkandidaat as adjunkpresident. Sy was een van die parlementslede wat destyds vir oudpres. Jacob Zuma gevra het om te bedank weens sy beweerde betrokkenheid by korrupsie. Sy word allerweë beskou as een van die voorste mededingers om die pos van adjunkpresident.

Nkosazana Dlamini-Zuma

Nkosazana Dlamini-Zuma

Ramaphosa het Dlamini-Zuma net-net geklop toe hy as ANC-leier verkies is. Dlamini-Zuma, ’n voormalige vrou van Zuma, is beskou as die voorkeurkandidaat om by Zuma oor te neem. Sy is ’n voormalige minister in die presidensie. Deur haar aan te stel as minister of selfs adjunkpresident, kan Ramaphosa die pro-Zuma-faksie in die ANC gerusstel en eenheid in die ANC help bewerkstellig.

Tito Mboweni

Tito Mboweni

Mense in die binnekring meen Mboweni, ’n voormalige president van die Reserwebank, sal minstens nog ’n jaar as minister van finansies aanbly. Die reaksie van die markte op sy aanstelling as minister sewe maande gelede, was goed. Hy is ’n sterk voorstander daarvan dat die regering meer moet spaar en ontslae moet raak van sommige van sy bates, soos die SAL. Cosatu is gekant teen Mboweni se heraanstelling, maar indien hy weer in die pos aangestel word, sal beleggers dit waarskynlik sien as ’n hupstoot vir Ramaphosa se plan om die ekonomie te laat groei en buitelandse beleggings te lok.

Pravin Gordhan

Pravin Gordhan

Gordhan, wat as ’n apteker opgelei is, het as minister van openbare ondernemings reeds berge versit om staatsbeheerde ondernemings te help herstel van die skade wat staatskaping aangerig het. Hy is ’n voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en het twee keer as minister van finansies gedien.

Gwede Mantashe

Gwede Mantashe

Mantashe het voorheen verskeie senior poste beklee, onder meer as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, sekretaris-gene-raal van die ANC en sekretaris-generaal van Numsa. Hy is sedert 2017 voorsitter van die ANC en is later deur Ramaphosa aangestel as minister van minerale bronne. Manta­she het gehelp om die regering se verhouding met die mynbedryf te herstel nadat die samewerking skipbreuk gely het onder sy voorganger, Mosebenzi Zwane. Ingeligtes in die mynbedryf meen dit sal goed wees as Mantashe weer minister van minerale bronne word.

Jeff Radebe

Jeff Radebe

Radebe is die land se langsdienende minister. Hy het sedert 1994 vyf kabinetsposte beklee, as minister van openbare werke, openbare ondernemings, vervoer, justisie en meer onlangs as minister van energiesake. Hy is ook Ramaphosa se swaer.

Fikile Mbalula

Fikile Mbalula

As voormalige minister van polisie en minister van sport en ontspanning was Mbalula ’n geharde Zuma-ondersteuner, maar kort voor Ramaphosa die partyleier geword het, het hy ’n ander deuntjie begin sing. Hy was voorheen die leier van die ANC-jeugliga en was ook aan die stuur van die ANC se suksesvolle verkiesingsveldtog. Hy kan moontlik hiervoor beloon word met ’n kabinetspos.

Ronald Lamola

Ronald Lamola

Op 36 is Lamola, ’n regsgeleerde, een van die jongste lede van die parlement. Die ANC se plan om die Grondwet te wysig om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te kan maak, sal aan Lamola ’n geleentheid bied om as bemiddelaar op te tree in wat moontlik ’n baie lang en uitgerekte dispuut gaan word.

Bheki Cele

Bheki Cele

Cele, ’n voormalige minister van landbou, het ’n leidende rol gespeel om Ramaphosa tot leier van die ANC verkies te kry. Hy is in 2012 as kommissaris van polisie in die pad gesteek nadat die openbare beskermer bevind het hy het onwettig opgetree deur in te stem om meer vir die huur van kantore te betaal as wat die markwaarde van die kantore in daardie stadium geregverdig het. Hy het in 2018 minister van polisie geword. Cosatu meen hy het tot nou goed presteer in dié portefeulje en dat hy weer in die pos aangestel moet word.

Lindiwe Sisulu

Lindiwe Sisulu

Sisulu is die dogter van die gerespekteerde ANC-veterane Walter en Albertina Sisulu. Sy was ’n sterk ondersteuner van Ramaphosa in sy opmars om die ANC-leierskap oor te neem. Sy het voorheen gedien as minister van internasionale verhoudings en kan haar pos behou, hoewel sy ook ’n sterk aanspraakmaker is op die pos van adjunkpresident.

Jackson Mthembu

Jackson Mthembu

Mthembu is ’n voormalige woordvoerder van die ANC en was sedert 2016 die ANC se hoofsweep in die parlement. Vroeër jare was hy ’n LUR in Mpumalanga.

Nog moontlike kandidate: Thulas Nxesi, oudminister van openbare werke, Zizi Kodwa, hoof van die presidensie in die ANC, Barbara Creecy, oud-LUR vir finansies in Gauteng, Zweli Mkhize, oudminister van samewerkende regering. – Bloomberg

Meer oor:  Cyril Ramapahosa  |  Kabinet  |  Moontlike Kandidate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.