Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kabinetslede kry vanjaar geen verhogings

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag aangekondig dat kabinetsministers vanjaar geen salarisverhogings gaan ontvang nie.

Dit volg nadat ’n verhoging van 3% vir kabinetsministers en 4% vir openbare ampsdraers wat minder as R1,5 miljoen verdien, deur die onafhanklike kommissie vir die besoldiging van openbare ampsdraers (ICR) aanbeveel is.

Ramaphosa het egter dié aanbevelings geïgnoreer en aangekondig dat daar geen verhogings vir mense in die boonste kategorieë sal wees nie, berig Business Insider.

Ramaphosa was wel effens meer vrygewig met die laer besoldigde parlementslede en lede van provinsiale wetgewers, wat ’n verhoging van 2,8% kry. Hulle verdien tans net meer as R1 miljoen per jaar.

Salarisse vir amptenare word vasgestel deur ’n proses van raadpleging en ontledings van ekonomiese toestande deur die ICR.

Die finale besluit berus egter by die president.

Ramaphosa se besluit beteken dat adj.pres. David Mabuza en die speaker van die nasionale vergadering, Thandi Modise, se salarisse onveranderd op R2,8 miljoen bly, pleks daarvan dat dit tot R2,9 miljoen sou styg.

Die voorsitters van parlementêre komitees se salarisse sal effens styg tot net onder R1,5 miljoen, R18 000 minder per jaar as wat die kommissie aanbeveel het.

Ramaphosa het nie redes vir sy besluit gegee nie, maar na verwagting sal die regering volgende week nuwe en moontlik hoër belastings aankondig.

Die regering sukkel tans met ’n begrotingstekort. - Business Insider

Die salarisse vir regeringslui is soos volg:

  • die speakers van die nasionale vergadering, die raad van provinsies en die adjunkpresident – R2 825 470;
  • kabinetsministers – R2 401 633;
  • premiers – R2 260 409;
  • adjunkministers, adjunkspeakers, provinsiale speakers, die ondervoorsitter van die raad van provinsies en lede van die provinsiale uitvoerende rade – R1 977 795;
  • die adjunkspeakers in die provinsies, die hoofswepe van die regerende partye in die parlement en die regerende partye in die onderskeie provinsies asook die opposisieleier in die parlement – R1 600 467;
  • die voorsitters van parlementêre komitees en die regerende partye se hoofswepe in die provinsiale wetgewers – R1 495 755;
  • komiteevoorsitters en opposisieleiers in die provinsiale wetgewers – R1 346 235;
  • leiers van minderheidspartye, die adjunk-sweep van die regerende party en die hoofsweep van die amptelike opposisie – R1 346 232;
  • die ondervoorsitters van die komitees in die provinsiale wetgewers, die minderheidspartyleiers, die adjunksweep van die meerderheidspartye en die hoofsweep van die naasgrootste politieke partye – elk R1 266 567;
  • ander swepe in die parlement – R1 249 236; en
  • lede van die parlement, afgevaardigdes in die nasionale raad van provinsies en swepe in die wetgewers – R1 101 348.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.