Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kaunda (93) in 'opgewonde bui' met Zuma-besoek
Pres. Jacob Zuma (links) het Zambië se oudpres. Kenneth Kaunda (93) die naweek in sy huis in Lusaka besoek. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het Zambië se oudpres. Kenneth Kaunda die naweek in sy huis in Lusaka gaan besoek.

Zuma was op uitnodiging van dié land se pres. Edgar Lungu op ’n werkbesoek aan die land.

Die 93-jarige Kaunda is onlangs uit die hospitaal ontslaan.

“Dit was lekker om die pa en die ikoon van die bevrydingstryd in Afrika te sien,” het Zuma in ’n verklaring van die presidensie gesê.

Hy het Kaunda, wat van 1964 to 1991 president was, beterskap toegewens. Kaunda was glo in ’n opgeruimde bui.

Die ANC het in die strugglestryd baie noue bande met Zambië gehad toe Kaunda nog president van dié land was. Die ANC se hoofkantoor was in Lusaka toe die party nog ’n verbode organisasie in Suid-Afrika was.

Kaunda was Zambië se eerste president.

Toe oudpres. Nelson Mandela in 1990 ná 27 jaar uit die tronk vrygelaat en die ANC ontban is, was Zambië die eerste land wat hy besoek het om hom vir sy rol in die bevrydingstryd te bedank.

Tydens sy besoek het Zuma Zambië se 91 ste landboutentoonstelling in Lusaka geopen.

Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en vissery, het die president vergesel.

Sowat 120 Suid-Afrikaanse kommersiële boere het landboubelange in Zambië, het dr. Theo de Jager, voorsitter van Agri All Africa, Sondag gesê.

“Pres. Lunga is die Suid-Afrikaanse boere baie goedgesind,” het hy gesê.

Zuma het ook bilaterale gesprekke oor ’n verskeidenheid sake met Lunga gevoer. Hy het Saterdagaand na Pretoria teruggekeer.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Kenneth Kaunda  |  Edgar Lungu  |  Senzeni Zokwana  |  Lusaka  |  Zambië  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.