Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kennisgewings oor onteiening op pad
Pres. Cyril Ramaphosa.

Kennisgewings vir onteiening is die voorland van ’n groep plaaseienaars wat vroeër geweier het om die staat se koopaanbod vir hul grond te aanvaar.

Hulle gaan as “proefkonyne” gebruik word wanneer die ANC art. 25 van die Grondwet in die hof toets.

Dit het die naweek aan die lig gekom dat die ANC 139 plase in die oog het wat hy sonder vergoeding wil onteien.

Die party het in Mei gesê hy wil die argument in die hof toets dat grondonteiening sonder vergoeding kragtens huidige wetgewing moontlik is.

City Press het Sondag berig die ANC het 139 plase gekies wat hy in die komende weke wil onteien.

Die ANC het 139 plase gekies wat hy in die komende weke wil onteien.

Die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC het glo verlede week op sy lekgotla die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming die groen lig gegee om voort te gaan met die proses in die grondeisehof waarin die staat vir die eerste keer sal weier om markverwante vergoeding vir geïdentifiseerde grond te betaal.

Ronald Lamola, ’n lid van die NUK, het by navraag oor die ligging van die plase gesê die party kan nie die berig bevestig of kommentaar daarop lewer nie. Die departement sal reageer sodra hy gereed is.

Die normale prosesse is deur die departement onderneem wat betref dié plase, maar die eienaars het die departement se koopaanbod geweier
Linda Page

Linda Page, woordvoerder oor landelike ontwikkeling en grondhervorming, het in e-pos verduidelik: “Die plase is in verskillende dele van die land en val binne die programme van die departement.

“Die normale prosesse is deur die departement onderneem wat betref dié plase, maar die eienaars het die departement se koopaanbod geweier. Die aanbod was gegrond op die waardasies wat die kantoor van die waardeerder-generaal vir grond gedoen het ingevolge die Wet op Eiendomswaardasies.

“Dit is belangrik om te weet die wet vereis tans dat die minister ’n kennisgewing van onteiening aan die grondeienaar beteken voordat onteiening kan plaasvind. Die eienaar van die grond sal die geleentheid hê om te reageer ingevolge die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid.”

* Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week onverwags ná die lekgotla aangekondig dat die ANC ’n wysiging aan die Grondwet sal ondersteun om die omstandighede waaronder grondonteiening sonder vergoeding kan plaasvind, duidelik uit te stippel.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Plase  |  Onteiening  |  Boere  |  Grondonteiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.