Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Kerk en regering moet dialoog met jeug begin’

Buiten die drievoudige bedreiging van Suid-Afrika se jong demokrasie deur armoede, werkloosheid en ongelykheid, is die Suid-Afrikaanse samelewing weer by ’n kruispad, sê Phumulo Masualle, Oos-Kaapse premier.

Phumulo Masualle Foto: Deaan Vivier

En, het hy Sondag in ’n toespraak op ’n gradeplegtigheid van die RUCC Christian Church in Port Elizabeth gesê, veral vroue en die jeug ly die ergste daaronder.

“Een van ons grootste probleme van die verlede, geweld, verlam ons gesinne en gemeenskappe, en veral die styging in kontakmisdade is onrusbarend.”

Hy doen ’n beroep op die kerk om saam met die regering ’n dialoog te begin met die jeug, veral om te verseker dat meisies en vroue beskerm word.

“Moord en verminking, veral van vroue en kinders, het ongeëwenaarde vlakke in ons gemeenskappe bereik. ’n Onaanvaarbare aantal jeugdiges is by misdaad betrokke. Ons korrektiewe instellings is propvol jong mense van albei geslagte – en die meeste is swart.

“Baie van hulle beskik oor vele akademiese, kuns- en verskillende werkopleiding.”

Hy betreur die epidemiese afmetings van dwelm- en alkoholmisbruik by jeugdiges oor die hele land heen.

“In die eeu van massamedia is iets dringends nodig as teenvoeter vir dit waaraan die jeug op TV, selfone en die radio blootgestel word.”

Hy sê dit is ook duidelik te sien in hoe korrupsie die land se toekoms bedreig. Nie net korrupsie in die staatsdiens nie, maar ook in die private sektor wat dreig om alles in die samelewing te vernietig.

“Ons moet leer dat die vernietiging van openbare en private eiendom, veral in diensleweringsbetogings, glad nie produktief is nie en ook die land se vooruitgang nie daarby baat vind nie.

Meer oor:  Ovk  |  Phumulo Masualle  |  Oos-Kaap  |  Kerk  |  Regering  |  Jeug  |  Stemdag  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.