Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kerke hou dag van stille gebed teen ‘walglike’ Covid-19-korrupsie
Biskop Malusi Mpumlwana, hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke. Foto: Argief

Kerkleiers verbonde aan die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) gaan Dinsdag oor die land heen in stilte saambid as deel van hul veldtog teen Covid-19-korrupsie.

Biskop Malusi Mpumlwana, hoofsekretaris van die SARK, het Maandag in ’n nuusverklaring gesê nasionale kerkleiers gaan September daaraan toewy om Covid-19-korrupsie uit te lig.

Dinsdag sal gebedsessies in al nege provinsies gehou word om te verklaar dat “korrupsie nie ons erfenis is nie”.

“Ons sal in stille gebed wees omdat die kerke sprakeloos is oor die vlak van walglike bedrog,” sê Mpumlwana.

“Ons sê as kerke, en aktiewe burgers, ons weier dat die kultuur en erfenis van ons land een van diefstal en roof van openbare hulpbronne is. Korrupsie, veral die blatante geplunder van Covid-19-geld, is misdadig en kos ons steeds lewens en ons lewensbehoud as ’n land.”

Foto:

Die kerkleiers sal ’n uur lank stil wees en bid en boodskappe teen korrupsie op plakkate dra, met die hutswoorde #CorruptionIsNotMyHeritage.

Hulle sal na verwagting voor verskillende provinsiale bakens bid, insluitend die Uniegebou in Pretoria.

Luidens die verklaring volg die veldtog die morele oproep teen Covid-19-korrupsie wat in Augustus uitgereik is deur ses organisasies, wat hulself die Moral Call Collective noem.

Benewens die SARK sluit dit in die Ahmed Kathrada-stigting, die raad vir die bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac), die Desmond en Leah Tutu-erfenisstigting, die stigting vir menseregte en die Nelson Mandela-stigting.

Meer oor:  Sark  |  Malusi Mpumlwana  |  Still Gebed  |  Koronakorrupsie  |  Covid-19-Korrupsie  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.