Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Khoisan-party wil na Nigeriese ambassade opruk

Lede van die Khoisan-revolusieparty van Upington in die Noord-Kaap sal op 23 September saam met die beweging Action for Change na die Nigeriese ambassade opruk.

Dié betoging voor die Nigeriese ambassade kom nadat ’n man verlede week probeer het om ’n vierjarige meisie by die Bella Napoli-restaurant in Florida, Roodepoort, te ontvoer, sê Nandisa Gschwari, leier van die beweging.

Stanley Peterson, leier van die Khoisan-revolusieparty, sê hulle ondersteun dié betoging aangesien Noord-Kapenaars moedeloos is oor Nigeriese dwelmhandelaars wat nie vervolg word nie.

“Dit stop nie net by die dwelmsmouse nie. Talle meisies van Noord-Kaapse dorpies word mislei deur met beloftes van werk na die stede gelok te word. Dit het nou al male sonder tal gebeur dat meisies wat daar opdaag, misbruik en bedwelm word en as prostitute uitverhuur word.

Stanley Peterson, leier van die Khoisan-revolusieparty. Foto: Emile Hendriks

“Ons mense kan nie meer nie. Ons is moeg en daar word absoluut niks aan die Nigeriese burgers, wat hulle aan misdaad skuldig maak, gedoen nie.”

Gschwari sê sy doen ’n beroep op alle vroue om hulle by die betoging aan te sluit. Sy het glo self familie aan die hande van Nigeriese dwelmsmouse verloor.

“Ná die voorval by die restaurant is ek te bang om met my dogter na ’n winkelsentrum of ’n restaurant te gaan. Dit is belaglik, maar ek vrees vir my kind se veiligheid. Die vrees waarin vroue in Suid-Afrika leef, moet tot ’n einde kom.”

Volgens Gschwari word te min gedoen om Suid-Afrikaanse vroue en kinders teen mensehandel en geweld deur Nigeriese burgers te beskerm.

“Ons vroue moet self opstaan om ’n einde hieraan te bring.”

Haar beweging beoog om binnekort na al die provinsies te reis en vroue oor die gevare van mensehandel en oor geweld teen vroue toe te spreek.

Peterson sê Suid-Afrikaners het nou genoeg gehad.

Die polisie doen hul werk en neem die oortreders in hegtenis net sodat hulle deur die howe vrygelaat word.

“Bruin, swart en wit het nou die punt bereik waar ons net mooi genoeg gehad het van dwelmbase wat ons samelewing beheer en regeer. Ons ouers gaan slaap saans hulpeloos en met trane in hul oë oor hul kinders wat hulle rot en kaal besteel vir dwelms. Dit is nou genoeg dat ons weerlose en onskuldige kindertjies vir mensehandel en prostitusie ontvoer word,” sê hy.

Peterson sê die Suid-Afrikaanse regstelsel en howe is nie sy eie burgers goedgesind nie. Hy beweer sowat 98% van alle dwelmverwante sake teen Nigeriese burgers vorder nooit tot ’n verhoor in ’n landdroshof nie.

“Dit is kommerwekkend. Iewers is iets by die howe nie reg nie. Iewers is ’n slang in die gras.”

Hy sê dit gebeur veral in Upington.

“Die polisie doen hul werk en neem die oortreders in hegtenis net sodat hulle deur die howe vrygelaat word.”

Peterson sê hulle gaan met die betoging eis dat die Nigeriese ambassade optree teen Nigeriese burgers wat hulle aan dié ernstige misdade skuldig maak.

Nandisa Gschwari se beweging Action for Change gaan voor die Nigeriese ambassade betoog nadat ’n kind (4) by die Bella Napoli-restaurant amper ontvoer is. Foto: Verskaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.