Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kiss sê tot siens as politieke party

Sewe piepklein politieke partye wat meer as 20 jaar gelede gestig is en in geen verkiesing beduidende steun geniet het nie, tel onder die meer as 100 partye wie se lidmaatskap deur die Verkiesingskommissie opgeskort is.

Die bekendste onder dié ses wat nie meer as politieke partye bestaan nie, is waarskynlik Keep it Straight and Simple, wat in die volksmond beter bekend was as Kiss.

Dié party is in 1999 gestig.

Die ander vier is God’s People’s Party (1998), Simunye in Christ Organisation (1999), The Employment Movement of South Africa (1999), die Workers Party (1999), die Abolition of Income Tax and Usery Party (1999) en die Regte Party/Right Party (1999).

Die Nasionale Konserwatiewe Party, wat in 2016 gestig is, se embleem sal ook nie weer op ’n stembrief verskyn nie. Ook nie dié van Die Volkstem van Suider-Afrika (2012), die Boerestaat Party of SA (2007), en die Prisoners Political Party (2014) nie.

Die name van die partye wie se lidmaatskap opgeskort is, is Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer.

Die OVK deregistreer partye gewoonlik wanneer hulle nie meer bestaan nie of aangedui het hulle sal nie aan die volgende verkiesing deelneem nie.

Verlede jaar het 48 partye aan die algemene en provinsiale verkiesing deelgeneem. Net 14 word tans in die parlement verteenwoordig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.