Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kleinboer sê SA kan soos Zimbabwe eindig

Indien grondonteiening sonder vergoeding voortgaan, sal Suid-Afrika heel waarskynlik soos Zimbabwe eindig.

Dit was Maandag die mening van Barnard Molenyane (59), wat ’n gemengde boerdery op ’n kleinhoewe buite Bloemfontein bedryf, op die openbare sitting oor grondhervorming in Botshabelo.

“Dít is ekonomiese selfmoord.”

Barnard Molenyane. Foto: Mlungisi Louw

Hy sê die land stuur op Zimbabwe af. “ ’n Land sonder ’n ekonomie, sonder voedselsekerheid, geen werk en skaars genoeg geld vir mense om die noodsaaklikhede te bekostig.”

Molenyane sê hy weet van verskeie plase wat deur die regering aan mense gegee is, wat vandag net ’n gebou is en onbewoon gelaat is.

“Die regering kan nie net grond uitdeel en verwag die mense moet ’n sukses daarvan maak nie. Dit was in die verlede onsuksesvol. Hoekom sal dit nou slaag? Waar gaan die mense geld kry om ’n boerdery te bedryf?”

Hy het ’n beroep op die regering gedoen om nie besluite op grond van “emosies en haat” te neem nie.

Dr. Wim NellFoto: Mlungisi Louw

Molenyane sê pleks dat die land vorentoe beweeg, vat die hele proses oor grondonteiening sonder vergoeding die land en sy mense agteruit. “Ons kan nie op die verlede bou nie. Ons moet die verlede vergeet en op die toekoms bou.”

Paul Chabede van Botshabelo meen egter dat die regering genadeloos moet wees en die proses bespoedig.

“Die grondkwessie is ’n integrale deel van die vryheidstryd. Dít is waarom ons mense gesterf het. Ons soek ons grond terug.”

Pieter Richter sê “almal voel dieselfde oor die onderwerp. “Mense wat grond soek, soek dit verniet en boere wat wel grond het, wil nie daarvan afstand doen nie. Daar is te veel emosies betrokke. Grondonteiening sonder vergoeding is nie haalbaar nie.”

Volgens dr. Wim Nell, landboukonsultant, moet daar duidelik tussen grond vir boer en grond vir behuising onderskei word.

Hy sê dit sal ’n enorme impak op die ekonomie van die land hê, insluitende ’n hoër werkloosheidsyfer en groter armoede.

Meer oor:  Botshabelo  |  Zimbabwe  |  Kleinhoewe  |  Grond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.