Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Koel’ Vrystaatse boer gee Yanks blik op grond in SA
Eddie Prinsloo (derde van regs) van Heuningkrans-merino’s se projek om ’n plaas aan sy werkers te verkoop met geld wat die staat gee, het selfs op Trevor Noah se The Daily Show aandag getrek.Die werkers en die Prinsloos gaan nou die boerdery op die plaas saam bestuur. Van links is Lebohang Koos Thibane, Tsebe Andries Spaphathe, Lizette Prinsloo, Zane Phomane, Eduard Prinsloo, Kgudu Senati, Eddie Prinsloo, Mojalefa Matene en Pampu Mona.Foto: Mlungisi Louw

’n “Super-koel” Afrikaanse boer van die Vrystaat is op die komediant Trevor Noah se The Daily Show in Amerika uitgebeeld as ’n man met die antwoord op Suid-Afrika se grondvraagstuk.

Eddie Prinsloo, merino-stoetboer van die plaas Heuningkrans, Smithfield, het oor sy projek gepraat om ’n plaas aan sy werkers te verkoop.

Loyiso Madinga, The Daily Show se aanbieder vir die program se Afrika-uitsendings, het in sy nuusinsetsel oor grondonteiening gesê dit het dié “super-koel boer van die Vrystaat gevat om te begin om my persepsie oor die hele grondgryp-ding in Suid-Afrika te verander”.

Madinga was gemaak-geskok toe hy in ’n onderhoud met Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, en Mmusi Maimane, leier van die DA, moes hoor grondgrype sal nie toegelaat word nie.

Hy het gesê daar is plaasaanvalle wat mense negatief maak, maar ’n mens wat in die stad woon, het net so groot kans om aangeval te word.

Kodwa het gewaarsku grondgrype is teen die wet en mense sal tronk toe gaan daarvoor.

Prinsloo het op ’n vraag oor wat ander wit boere van sy projek dink, gesê “almal is positief”.

Hy het gesê daar is plaasaanvalle in dele van die land wat mense negatief maak, maar ’n mens wat in die stad woon, het net so groot kans om aangeval te word.

Dit is toe dat Madinga hom met ’n streepbal probeer boul het.

“Is jou plan om aan mense vrywillig grond terug te gee ’n manier om moedswillig te wees en om hulle die vreugde te ontneem om grond te vat?” het hy gevra.

“Die regering het die plaas by my vir my werkers gekoop. Ek is in ’n vennootskap met hulle (in die boerdery). Die sleutelwoord in grondhervorming is eienaarskap. Gee aan hulle eienaarskap en die hele land gaan hierby baat vind,” het Prinsloo geantwoord.

Madinga het speels in Sotho gesê: “Hierdie wit man lieg!”

Hierop het Prinsloo in Sotho geantwoord: “Onthou, ek verstaan Sotho baie goed.”

Pres. Donald Trump van Amerika se omstrede twiet oor grondgrype in Suid-Afrika en die moorde op wit boere het ook ter sprake gekom.

Prinsloo het in Sotho geantwoord Trump praat baie. Hy hou nie van mense wat net praat nie.

“Hy woon aan die oorkant. Ons is die mense wat hier in Suid-Afrika boer. Hy praat nie namens ons nie. Hy het genoeg probleme in sy eie land.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.