Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Koko getuig verder oor Eskom

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping hoor vandag verdere getuienis oor Eskom aan.

Matshela Koko, voormalige uitvoerende hoof van dié staatsentiteit, getuig verder. Koko is een van 12 mense van wie Eskom R3,8 miljard eis weens hul beweerde betrokkenheid by ongerymdhede toe die Guptas die Optimum-steenkoolmyn gekoop het.

Suzanne Daniels, voormalige sekretaris van Eskom, het vantevore getuig Koko was die ware skakel tussen Eskom en die Guptas, wat aan hulle die geleentheid gegee het om met Eskom-sake in te meng.

29 Mrt. 18:29:13

Die sitting gaan voort

29 Mrt. 18:18:44

Die sitting verdaag vir 10 minute, waarna Koko verder sal getuig. Adjunkhoofregter Raymond Zondo het aangedui dat daar weer om 20:00 'n verdere besluit geneem sal word tot hoe laat die sitting vanaand sal aangaan.

29 Mrt. 16:13:21

Die sitting gaan voort.

29 Mrt. 16:03:37

Die sitting verdaag vir 10 minute, waarna Koko verder sal getuig.

29 Mrt. 14:03:29

Die sitting begin ná middagete.

29 Mrt. 13:03:07

Die kommissie verdaag vir middagete tot 14:00.

29 Mrt. 11:36:00

Die sitting hervat ná tee.

29 Mrt. 10:12:55

Die sitting begin.

Meer oor:  Raymond Zondo  |  Regter Zondo  |  Staatskaping  |  Zondo  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.