Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Komitee ‘bekommerd’ oor gelekte Gigaba-verslag

Die parlementêre komitee oor openbare ondernemings het Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, Maandag gerusgestel dat dié komitee nie deel is van ’n “goed georkestreerde politieke veldtog” teen hom nie.

Dit kom nadat Business Day Maandag berig het oor ’n konsepverslag van die komitee oor staatskaping by Eskom, waarin Gigaba geïmpliseer word.

Malusi Gigaba

Hy het Maandag beweer daar is ’n sameswering teen hom ná maande waarin sy geskiktheid om as minister te dien toenemend onder die vergrootglas is.

Zukiswa Rantho, voorsitter van die parlement se ondersoek na Eskom, het erken dat die gelekte verslag die komitee se aanbevelings in gevaar kan stel, maar het Gigaba verseker dat die korrekte prosedure gevolg sal word en dat hy die geleentheid sal kry om te reageer op die bevindings teen hom.

“Ja, hulle sal die geleentheid kry om die verslag te lees. Die verslag sal aan diegene gestuur word wat geïmpliseer word voordat dit aan die parlement voorgelê word,” sê Rantho.

Sy sê sy is “verleë” oor die gelekte verslag en vrees dat Gigaba bevooroordeeld kan word.

“Dit is kommerwekkend dat die minister bevooroordeeld kan wees omdat hy nie die verslag op die korrekte en wettige manier gekry het nie.”

’n Uitdagende Gigaba het gesê hy gaan met sy regsverteenwoordigers praat oor sy vrees dat hy deur die portefeuljekomitee geteiken word.

“Ek sal ook met die ANC moet beraadslaag oor hoe die party hierop gaan reageer. Ek hou vol dit is ’n goed georkestreerde veldtog. Die portefeuljekomitee het sy gewig agter die veldtog ingegooi en ek gaan terugveg,” het Gigaba gesê.

Dit is nie toevallig dat sy aanstelling as minister van openbare ondernemings saamgeval het met die vinnige groei in die Guptas se ekonomiese situasie nie.

Intussen soek die DA Gigaba se bloed. Mmusi Maimane, DA-leier, het Maandag gesê die party gaan die hooggeregshof in Pretoria op 11 Maart volgende jaar vra om pres. Cyril Ramaphosa se aanstelling van Gigaba sowel as Bathabile Dlamini as ministers te hersien. Hulle het albei onder eed gelieg.

Dr. Somadoda Fikeni, ’n politieke ontleder, sê terwyl Gigaba van die een krisis na die ander strompel, het hy nog geen verantwoordelikheid aanvaar vir die skandale waaraan sy naam gekoppel word nie.

“Hy het geen begrip daarvan om verantwoordelikheid te aanvaar nie. Dit is nie toevallig dat sy aanstelling as minister van openbare ondernemings saamgeval het met die vinnige groei in die Guptas se ekonomiese situasie nie.

“Die web waarin hy vasgevang is, verminder sy statuur. As hy een ding verduidelik, struikel hy oor die volgende skandaal. Ná die parlement se verslag dat hy verantwoording moet doen vir die verliese by Eskom, lyk dit asof die ergste nog vir Gigaba voorlê,” het Fikeni gesê.

Meer oor:  Malusi Gigaba  |  Kaapstad  |  Parlement  |  Parlementêre Komitee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.