Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Komitee bekyk ANC-lede se aandeel by stig van partye

Die ANC het bevestig dat die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) sy nasionale werkkomitee opdrag gegee het om te ondersoek of enige partylede betrokke was by die stigting van ander politieke partye.

News24 het Dinsdag onthul dat die ANC ondersoek sou instel na bewerings dat Ace Magashule, sekretaris-generaal, by die stigting van die African Transformation Movement (ATM) betrokke was.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC. Foto: Adrian de Kock

Magashule, wat nie in die verklaring genoem word wat die ANC Woensdag uitgereik het nie, was glo volgens Buyisile Ngqulwana, sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Raad van Messiaanse Kerke in Christus (SACMCC), deel van die ATM se stigting.

Ngqulwana het Magashule genoem in ’n beëdigde verklaring wat as deel van ’n regstryd teen die ATM in die kieshof ingedien is.

Die saak is intussen teruggetrek, hangende ’n ondersoek deur die Verkiesingskommissie om vas te stel of die ATM op die korrekte wyse geregistreer het voor die verkiesing in Mei vanjaar.

In die verklaring beweer Ngqulwana dat Magashule die party aangeraai het om nie ’n alliansie met die ANC te vorm nie, en om eerder sy eie organisasie te stig.

Hy beweer ook Magashule het voorgestel dat die woord “beweging” in die party se naam gebruik word, eerder as die woord “kongres,” wat die party aanvanklik wou gebruik.

Ngqulwana het Dinsdag gesê hy is beskikbaar om te help met die ondersoek indien die ANC hom nader.

Luidens die ANC se verklaring het die NUK op 31 Mei besluit om die saak te ondersoek.

Die werkkomitee het Dinsdag vergader en besluit om ’n ad hoc-komitee te stig, wat deur oudpres. Kgalema Motlanthe en Frene Ginwala gelei word. Hulle word deur adv. Fezeka Magano bygestaan.

“Ons hoop dat die komitee sy werk binne die volgende 60 dae sal voltooi,” lui die verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.