Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Komitee dagvaar Duduzane nie weer oor Eskom
Duduzane Zuma toe hy Maandagoggend in die handelshof in Johannesburg verskyn.Foto: Felix Dlangamandla

Zukiswa Rantho, voorsitter van die parlementêre komitee oor openbare ondernemings, het Maandagaand gesê ’n nuwe dagvaarding sal nie aan Duduzane Zuma uitgereik word om voor die parlementêre ondersoek na Eskom te verskyn nie.

’n Dagvaarding is vroeër reeds aan Duduzane Zuma, wat Maandagoggend vlugtig in die handelshof in Johannesburg verskyn het, uitgereik om voor die komitee van ondersoek te getuig, maar hy kon nie opgespoor word nie.

Rantho het dit bevestig dat die komitee nie ’n nuwe dagvaarding sal uitreik nie nadat die parlementêre komitee oor openbare ondernemings vroeër gesê het die dagvaarding aan oudpres. Jacob Zuma se seun is deur die parlement uitgereik en nie deur die komitee self nie.

Die komitee sê in die verklaring toe dit duidelik word Duduzane Zuma kon nie opgespoor word nie, het Baleka Mbete, die Speaker, die komitee geadviseer om ander weë te volg.

As individuele lede van die komitee wou, was hulle by magte om klagte by die polisie in te dien.

Mbete het die komitee ook geadviseer hy kan voorstelle aan die parlement doen wanneer hy sy finale verslag indien.

Meer oor:  Duduzane Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.