Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Komitee veroordeel Saftu-ontwrigting in parlement

’n Groep van ongeveer 15 lede van die vakbond Saftu is Woensdag hardhandig uit die parlement verwyder toe hulle ’n vergadering oor die nasionale minimum loon probeer ontwrig het.

Sharome van Schalkwyk, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor arbeid, sê in ’n verklaring die vergadering is geskeduleer om puntsgewys deur die betrokke wetgewing te werk.

Die komitee sê hulle is “teleurgesteld” in Saftu se optrede en dit strook nie met die manier waarop Suid-Afrikaners meningsverskille oplos nie.

“Die komitee sal nie toelaat dat hierdie betreurenswaardige gedrag die aandag aflei van ons pogings om die lewensomstandighede van arm werkende Suid-Afrikaners te verbeter nie,” lui die verklaring.

“Die parlement is ’n plek vir oorreding en gesprekvoering en hierdie komitee se benadering is om alle belanghebbendes se voorleggings te oorweeg, selfs nadat die spertyd vir voorleggings verstryk het.”

Van Schalkwyk sê die komitee aanvaar die aktiviste het die reg om te betoog, maar daardie reg kan nie toegelaat word om met die werk van die parlement of regte van ander mense in te meng nie.

Volgens haar is daar steeds kans om kommentaar oor die wetgewing te lewer wanneer dit deur die Nasionale Raad van Provinsies bespreek word.

“Die lede van die komitee behoort dus toegelaat word om hul werk sonder inmenging te doen,” sê Van Schalkwyk.

Saftu kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.