Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kommer oor gebrek aan gevolge vir oortreders in polisie

Dit is skokkend dat meer as 10 000 polisiebeamptes in minder as ’n dekade van geweldsmisdade aangekla word.

So sê Andrew Whitfield, DA-LP, wat ’n antwoord op ’n parlementêre vraag oor polisiewreedheid van Bheki Cele, minister van polisie, ontvang het.

Volgens Cele is 10 086 polisiebeamptes sedert die 2012-’13-boekjaar tot op hede (2020-’21) van ernstige geweldsmisdade soos moord, verkragting, marteling of aanranding aangekla.

Cele se antwoord het ook aan die lig gebring dat die Oos-Kaap met 2 175 in dié tydperk die meeste polisiebeamptes het wat van misdaad aangekla is.

Die aantal aanklagte teen polisiebeamptes in die Wes-Kaap was 2 057, gevolg deur die Vrystaat met 1 287 en Noordwes met 1 142. In Gauteng is 977 polisiebeamptes aangekla. 708 polisiebeamptes is in Mpumalanga aangekla, gevolg deur 619 in die Noord-Kaap, 457 in KwaZulu-Natal en 388 in Limpopo.

Nog 276 beamptes, onder meer in diens van ander eenhede, soos misdaadintelligensie en die Valke, is aangekla.

“Dié syfers dui op ’n skokkende gebrek aan gevolge vir oortredings in die polisie se geledere. Die statistieke is kommerwekkend, maar nie verbasend nie, aangesien die polisie ’n reputasie het om hul kollegas te beskerm. Wangedrag is ’n enorme probleem en ons sal nie daarin slaag om die polisie te vernuwe sonder om van ’n spul vrot appels ontslae te raak nie,” sê Whitfield.

“Suid-Afrika het baie goeie, eerlike en hardwerkende polisiebeamptes wat aan ’n veiliger land vir almal bou. Die probleem is dat daar nie genoeg van hulle is nie en dat hulle nie erken, gekoester en vir hul pogings beloon word nie,” sê hy.

Meer oor:  Polisiebeamptes  |  Andrew Whitfield
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.