Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kommissie bekyk taxi-kwessies in Gauteng

’n Kommissie van ondersoek is deur die Gautengse premier, David Makhura, aangewys om knelpunte in die taxibedryf, soos die voortslepende geweld, te ondersoek.

“Sekere logistieke sake moet nog afgehandel word, maar die kommissie sal binne die volgende paar weke begin met sy taak,” het Thabo Masebe, woordvoerder by die Gautengse provinsiale regering, Sondag aan Netwerk24 gesê.

Makhura het reeds in Julie ná samesprekings met rolspelers in die taxibedryf in Gauteng beloof dat hy ’n kommissie van ondersoek gaan saamstel.

“Die Gautengse provinsiale regering is besorg oor die toenemende geweld en sterftes in die taxibedryf ondanks pogings van wetstoepassers om dit te bekamp. Die taxibedryf in Gauteng vervoer daagliks meer as 75% van pendelaars in die provinsie, wat dit ’n dominante vervoermiddel maak. Die kommissie, wat deur regter Jeremiah Buti Shongwe gelei word, sal aanbevelings doen om kwessies soos die konflik, geweld, sterftes, lisensiëring-gebreke asook die onstabiliteit van die bedryf te takel.”

Volgens Masebe gee die premier die kommissie ses maande om sy werk te voltooi en ’n verslag en aanbevelings aan hom voor te lê.

“Enigiemand van die publiek is welkom om insette voor die kommissie te maak. Kontakbesonderhede van die kommissie en waar dit gaan sit, sal eersdaags aan die publiek bekend gemaak word,” het Masebe gesê.

Meer oor:  David Makhura  |  Gauteng  |  Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.