Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Korrupsie: 20 amptenare vir vervolging verwys

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE), wat bewerings oor korrupsie met geld wat vir die Covid-19-pandemie bedoel was, ondersoek, het Dinsdag saam met die Valke en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), verskyn.

Die SOE het in sy aanbieding genoem dat die name van 20 staatsamptenare na die NVG verwys is vir vervolging.

’n Lys van ondersoeke wat reeds afgehandel en stappe wat gedoen is, is ook bekend gemaak:

Gauteng

In die ondersoek van die Gautengse departement van gesondheid het die SOE reeds die bankrekeninge van 39 maatskappye en individue bevries, onder wie Ledla Structural Development. ’n Aansoek is gebring om die Ledla-kontrak van R139 miljoen ongeldig te verklaar en sowat R26 miljoen te bevries as die opbrengs van onwettige bedrywighede.

Die pensioenuitbetaling van tussen R500 000 en R700 000 aan ’n voormalige amptenaar is ook bevries. ‘n Tender is glo deur die departement toegeken aan Royal Bhaca projects, die onderneming van koning Madzikane II Thandisizwe Diko. Sy vrou, Khusela Diko, was pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder toe die tender toegeken is. Die SOE het wel nie Royal Bhaca se rekening bevries nie, omdat daar nooit enige geld oorbetaal is nie.

• Ses kontrakteurs word betrek by die verskaffing van radiografie-materiaal; persoonlike beskermende toerusting (PPE) verwante goedere en dienste; mediese voorrade vir verstandelik gestremde pasiënte in die Solomon Stix Morewa-hospitaal; rekenaartoerusting; pakhuisdienste en chirurgiese kleredrag van meer as R600 000.

• Na ’n ondersoek by die South West TVET-kollege na beweringe dat die kollege se hoof sy vriende en familie as diensverskaffers aangestel het, is die bewerings tersyde gestel.

Oos-Kaap

Bromponie-ambulanse: ’n Hofbevel is bekom om die Oos-Kaapse departement te verhoed om voort te gaan met ’n kontrak van R10,1 miljoen aan die diensverskaffer.

• Twee diensverskaffers word betrek vir beweerde bedrog van meer as R300 000 met die Werkloosheidsversekeringsfonds se Covid-19-Ters-fonds.

• ’n Tender van nagenoeg R1 miljoen is deur die departement van openbare werke en infrastruktuur aan ’n man toegeken wat reeds dood is.

Vrystaat

• Meer as R16 miljoen se tenders vir die verskaffing van PPE is deur die provinsiale tesourie aan ses verskaffers toegeken.

KwaZulu-Natal

• Die departement van maatskaplike ontwikkeling het onregmatig R22,4 miljoen betaal aan vier verskaffers vir 48 000 komberse. Die departement het bevestig dat uitbetalings aan die diensverskaffers gestaak is hangende die uitkoms van ’n siviele eis.

• Dieselfde departement het ook R21,2 miljoen onregmatig aan die verkryging van PPE bestee.

Limpopo

•Die Sekhukhune-distriksmunisipaliteit het R26,3 miljoen aan agt verskaffers betaal vir noodingryping in verband met Covid-19.

Mpumalanga

• Die kantoor van die premier het nie die nodige verkrygingsprosedures gevolg nie en PPE verkoop vir meer as die bepaalde prys. Hulle het meer as R32 000 so ontvang.

• Die provinsiale tesourie het dieselfde fout begaan en nagenoeg R400 000 is gekry.

• Die Mpumalanga-toerisme en -parkeraad het R4 255 onregmatig ontvang.

Noordwes

• Die plaaslike departement van gesondheid het PPE teen ’n verhoogde prys aangekoop en R8,5 miljoen is aan twee verskaffers betaal.

• Ratlou-munisipaliteit het PPE teen ’n verhoogde prys aangekoop. Nagenoeg R400 000 is onregmatig bestee.

• Die JB Marks-munisipaliteit het ook meer as R450 000 op die manier verloor.

Wes-Kaap

• Die departement van gesondheid, meer spesifiek die Tygerberg Akademiese Hospitaal, het neurlogiese miskroskope van R9,9 miljoen aangekoop.

• Die departement van omgewingsake, ontwikkeling en beplanning het onregmatig termometers van sowat R9 000 aangekoop.

• Die kantoor van die premier het ook termometers van meer as R200 000 op die manier aangekoop.

Nasionaal

• Die departement van openbare werke en infrastruktuur het twee kontrakteurs vir R40,2 miljoen aangestel. Hulle sou die hoofkontrakteur en hoofagent vir verkryging tydens die pandemie wees.

• Beitbrug-grensdraad. Aansoeke is gebring om die kontrakte van R41 miljoen van die twee diensverskaffers ongeldig te verklaar.

• Die SOE ondersoek nog 58 bykomende sake. Dit sluit ’n kontrak van R1,26 miljard in waarvolgens die departement van openbare werke in die Oos-Kaap na bewering 84 kontrakteurs onregmatig aangestel het vir die opknapping van bestaande hospitale en klinieke. Die nasionale departement van onderwys het na bewering R220 miljoen vir watertenks betaal terwyl die Oos-Kaapse departement van onderwys R538 miljoen aan tablette en virtuele klaskamers bestee het.

Meer oor:  Soe  |  Korrupsie  |  Skoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.