Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Korrupsie met wapenskandaal moet nog aandag kry’

Die Seriti-kommissie se bevindinge is ’n doodskoot toegedien, maar die korrupsie met die wapenskandaal moet nog baie aandag kry.

So sê Norman Moabi, die Pretoriase prokureur wat in 2013 uit die kommissie bedank het.

Hy het die kommissie destyds in sy bedankingsbrief daarvan beskuldig dat hy nie deursigtig is nie en ’n “tweede agenda” bedryf.

Hy het ook gesê die kommissie manipuleer inligting en kan nie vertrou word om die waarheid oor die wapenskandaal te ontbloot nie.

Regter Dunstan Mlambo, Gautengse regterpresident, het Woensdagoggend in die hooggeregshof in Pretoria die bevindinge van die Seriti-kommissie tersyde gestel.

Regter Willie SeritiFoto: Argief

Hy het onder meer bevind die kommissie het nie aan wetlike beginsels voldoen nie.

Moabi, wat ook al as regter waargeneem het, het Woensdagmiddag by navraag gesê die kommissie het die belastingbetalers se geld gemors.

Regter Willie Seriti, voorsitter van die kommissie, het destyds oor Moabi se uitlatings gesê dit is ondenkbaar dat die regters aan die hoof van die kommissie sou afwyk van die president se duidelike mandaat om Suid-Afrika se omstrede wapentransaksie te ondersoek.

“Ek is ’n senior regter en ten volle bewus van die eed wat ek afgelê het. Ek word bygestaan deur twee senior regters wie se integriteit bo verdenking is. Ons almal weet die kommissie se sukses is afhanklik van ons geloofwaardigheid.

“Ek dink mnr. Moabi maak dié vals bewerings om die kommissie se beeld en geloofwaardigheid opsetlik te knou omdat hy waarskynlik ’n persoonlike grief teen my het om redes wat nie aan my bekend is nie.”

Tien lede van die kommissie, onder wie getuienisleiers en senior advokate, het in ’n aparte verklaring gesê hulle het volle vertroue in Seriti se leierskap.

Nadat die kommissie in 2016 sy verslag aan Zuma oorhandig het, het Zuma gesê “daar is nie (in die verslag) ’n sweempie bewyse van omkoopgeld wat aan konsultante, staatsamptenare of kabinetsministers betaal is nie”.

Ná ’n kabinetsvergadering het Jeff Radebe, toe ’n minister in die presidensie, aan joernaliste gesê die kommissie was nie ’n klugspul nie.

“Dit was nie ’n vermorsing van belastingbetalers se geld nie,” het Radebe toe gesê.

Zuma het die spertyd vir die kommissie, wat die land R137 miljoen gekos het, in ’n stadium met ’n jaar verleng.

Meer oor:  Willie Seriti  |  Seriti-Kommissie  |  Wapenskandaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.