Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kriegler voer glo vendetta teen Hlophe
Regter John Hlophe, regter-president van die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Argief

Regter John Hlophe se regsverteenwoordiger het oudregter Johann Kriegler, voorsitter van die drukgroep Freedom Under Law, Donderdag daarvan beskuldig dat hy ’n jare lange vendetta teen Hlophe voer.

Hlophe, regter-president van die hooggeregshof in Kaapstad, se regsverteenwoordiger, Barnabas Xulu, sê Kriegler se jongste uitlatings oor Hlophe se geskiktheid vir sy pos as regter is getuienis hiervan.

Kriegler het die Regterlike Dienskommissie (RDK) gevra om Hlophe te skors omdat sy optrede in die korrupsiesaak teen die ANC-LP Bongani Bongo, oudminister van staatsveiligheid, op “growwe wangedrag” neerkom.

Hlophe het Bongo verlede Vrydag vrygespreek op ’n korrupsieklag nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ’n ondersoek na Eskom in 2018 in die wiele probeer ry het. Bongo het ’n aansoek om ontslag by die hof ingedien gegrond daarop dat die staat se getuienis nie sterk genoeg is om hom skuldig te bevind nie. Hlophe het hierdie aansoek toegestaan en Bongo gevolglik vrygespreek.

Kriegler het hierop gesê dit was verkeerd en “dit wys watter skade een oneerlike regter kan aanrig”.

Hlophe het in sy uitspraak gesê daar was nie genoegsame bewyse om Bongo skuldig te bevind nie. Hy het sy redes verskaf.

Kriegler het Maandag die uitlatings teen Hlophe gemaak en ook gesê Hlophe is ongeskik vir die pos as regter “sedert hy die regsproses 13 jaar gelede in die vervolging van oudpres. Jacob Zuma probeer beïnvloed het”.

Kriegler se stellings is ernstig, doelbewus en minagtend van ’n sittende regter omdat hy ’n besluit geneem het in die uitvoering van sy regterlike pligte. Die stellings is ongegrond en sonder enige meriete.

Xulu het teruggekap en gesê Kriegler val Hlophe persoonlik aan deur stellings te maak soos dat hy (Hlophe) ’n “klaarblyklik oneerlike uitspraak” in die Bongo-saak gelewer het. Ook omdat Kriegler gesê het dit was nie ’n “eerlike opsomming van die getuienis” nie en daarom het hy die RDK gevra om Hlophe te skors.

“Kriegler se stellings is ernstig, doelbewus en minagtend van ’n sittende regter omdat hy ’n besluit geneem het in die uitvoering van sy regterlike pligte. Die stellings is ongegrond en sonder enige meriete,” het Xulu gesê.

“Dit blyk Kriegler se mening is gegrond op ’n jare lange vendetta teen Hlophe,” sê Xulu.

Xulu het gesê dit is belangrik vir die publiek om te weet dat ’n regter nie net geskors kan word omdat “sekere mense nie met sy uiteensettings en gevolgtrekkings in ’n uitspraak saamstem nie”.

Hy het laastens gesê dit is belangrik om kennis te neem dat die ontevredenheid met die uitkoms van ’n saak nie as rede verskaf kan word om ’n klag van wangedrag teen ’n regter aanhangig te maak nie.

Meer oor:  John Hlophe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.