Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kriek van Agri SA, Ramaphosa gaan ook vandag vergader

Dan Kriek, president van Agri SA, ontmoet later vandag met die Presidensie, vermoedelik met pres. Cyril Ramaphosa self.

Dan Kriek, president van Agri SA. Foto: Sarel van der Walt

Dit kom nadat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensie, belas met beplanning, monitering en evaluasie, Kriek Dinsdagoggend gekontak en ’n dringende vergadering versoek het.

Hulle gaan praat ná afloop van ’n vergadering wat Dinsdag om 10:00 sou begin, tussen ’n afvaardiging van Agri SA, die Suid-Afrikaanse landbousakekamer, Agbiz, en ’n ANC-afvaardiging.

Die ekonomiese impak van grondonteiening sonder vergoeding is een van die sleutelpunte onder bespreking.

Kriek sê David Mabuza, adjunkpresident, en Paul Mashatile, sekretaris-generaal van die ANC, is minstens twee lede van die top-6 van die ANC wat die vergadering sal bywoon.

Die geslote vergadering is gereël nadat Mabuza glo by Kriek aangeklop het.

Kriek sê daar kan dalk meer lede van die ANC die vergadering bywoon.

Dit vind plaas “iewers in Sandton”. Daar is ’n agenda, maar dit is geslote, sê Kriek.

Hy meen dit is nie nou raadsaam dat die media die vergadering bywoon nie, omdat die situasie moontlik sensitief kan wees.

Agri SA sal moontlik ná afloop van die vergaderings ’n verklaring uitreik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.