Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kwalifikasie nie nodig om hoofsweep te wees

Daar is geen vereistes wat bepaal dat ’n mens spesifieke akademiese kwalifikasies moet hê om in die parlement te dien nie, het Nqaba Bhanga, leier van die DA in die Oos-Kaap, Maandag gesê.

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA.

Hy het gereageer op die debat wat ontstaan het nadat die Sunday Times Sondag berig het John Steenhuisen, die DA se hoofsweep in die parlement, het net matriek.

Dit het tot ’n geskarrel op Twitter gelei soos mense sy gebrek aan tersiêre kwalifikasie bespreek het.

Floyd Shivambu van die EFF het sy stem tot die debat gevoeg deur te twiet Steenhuisen se gebrek aan kwalifikasies “verduidelik alles”, terwyl Mbuyiseni Ndlozi, ook van die EFF, getwiet het as dit ’n swart leier was, sou selfs sy matriekuitslae gepubliseer geword het.

Steenhuisen het teruggekap en getwiet dat hulle ondanks al hul grade steeds ’n klomp VBS-plunderaars en boewe is. En hy is seker dat diegene wat hul geld verloor het berusting daarin vind “dat jy ’n graad het” terwyl al dié dinge gebeur het.

Die Sunday Times het berig dat die DA in KwaZulu-Natal voorgestel het dat net mense met grade oorweeg moet word vir hoofsweep van die party.

Maar Bhanga het Maandag gesê dit is nie nodig om ’n naskoolse kwalifikasie te hê as jy in die parlement wil dien nie.

“Jy hoef nie ’n diploma te hê nie, maar ervaring is uiters belangrik. Jy moet iets weet. Dit beteken nie dat iemand wat nie ’n naskoolse kwalifikasie het, niks weet nie. John vaar baie beter as sommige mense met doktorsgrade,” het hy gesê.

Die DA glo in verskeidenheid en dit sluit in ’n verskeidenheid vaardighede.

“Ons ondersteun mense wat diverse vaardighede na die party bring . . . Ek ken John en ek het saam met hom gewerk. Dit is net ’n smeerveldtog. Hy is een van die leiers van gehalte in die DA,” het hy gesê.

Meer oor:  Nqaba Bhanga  |  John Steenhuisen  |  Oos-Kaap  |  Parlement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.