Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: 8 in hospitaal ná geweld by ANC-konferensie

Minstens agt mense is in die hospitaal opgeneem nadat geweld Saterdagaand by die ANC se verkiesingskonferensie in die Oos-Kaap uitgebreek het.

Bloedspatsels kon op die vloer van die Internasionale Konvensiesentrum in Oos-Londen gesien word waar die konferensie plaasgevind het.

Streeksekretarisse in die Oos-Kaap is verdeeld oor wie die leisels moet oorneem as die president van die ANC op die nasionale verkiesingskonferensie in Desember, asook wie moet oorneem as provinsiale leiers.

Terwyl dié debat in Oos-Londen aan die gang was, moes die polisie Saterdagaand naby die ingang van die konvensiesentrum skokgranate gebruik om ’n groep ANC-lede uitmekaar te jaag.

ANC-afgevaardigdes by die ANC-verkiesingskonferensie in Oos-Londen. Foto: Lizeka Tandwa

Die groep is verdeeld en ondersteun onderskeidelik Phumulo Masualle, provinsiale voorsitter, en Oscar Mabuyane, sekretaris. 

Ná verskeie vertragings het die benoemingsproses uiteindelik net ná middernag begin. Altesame 951 van die 1 706 geregistreerde afgevaardigdes het kandidate vir die provinsiale leierskap benoem.

Mabuyane was teenwoordig en het sy benoeming as provinsiale voorsitter aanvaar. Masualle was nie teenwoordig om sy benoeming as provinsiale voorsitter vir ’n derde termyn te aanvaar nie.

Andile Lungisa was ook nie teenwoordig om sy benoeming as sekretaris te aanvaar nie.

Lulama Ngcukayithobi, wat ook as sekretaris benoem is, het dit aanvaar en Mabuyane, wat ook as sekretaris benoem is, het dit verwerp.

Lees hier meer. 

Meer oor:  Phumulo Masualle  |  Oscar Mabuyane  |  Oos-Kaap  |  Verkiesingskonferensie  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.