Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Ace ontken onenigheid met CR

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het Maandag op die spesiale vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) in Irene buite Pretoria enige onenigheid met pres. Cyril Ramaphosa ontken.

Magashule het die media in die St George Hotel, waar die party vergader het, te woord gestaan.

Pres. Cyril Ramaphosa Maandagmiddag op die ANC se spesiale NUK-vergadering in Irene buite Pretoria.Foto: Werner Beukes

“Ons werk saam as leiers van die ANC – ons is ’n kollektief,” het hy gesê.

Dit volg op ’n meningsverskil tussen Magashule en die ANC se verkiesingshoof, Fikile Mbalula, oor die rol wat Ramaphosa as leier van die ANC in die verkiesing gespeel het.

Magashule meen die party se oorwinning in vandeesweek se verkiesing kan nie aan ’n individu gekoppel word nie maar dit is die uitslag van die ANC as party.

Volgens hom is daar Maandag slegs een besprekingspunt op die NUK se agenda: Die keuse van premierskandidate vir die agt provinsies waar die party die meerderheid van stemme in die verkiesing behaal het.

“Die NUK vergader om die premierskandidate te bespreek. Die uitslag van die vergadering sal môre (Dinsdag) bekend gemaak word.”

Ace Magashule Maandag voor die spesiale vergadering van die NUK. Foto: Werner Beukes

Die party gaan nie nou die uitslag van die verkiesing bespreek nie. “Dit sal op ’n latere geleentheid bespreek word omdat elke aspek eers ontleed moet word,” het Magashule gesê.

Die ANC het die verkiesing met 57,51% gewen en hy bly ná ’n groot stryd in Gauteng ook in beheer van agt provinsies.

Die NUK sal die leier van die ANC in die Wes-Kaap, waar die DA gewen het, ook Maandag bespreek, het Magashule gesê. Die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) in die onderskeie provinsies het oor drie name vir die premierskap besluit wat Maandag deur die NUK bespreek word.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Ace Maga­Shule  |  Politiek  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.