Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: AfriForum by hof om 'grondkomitee' te keer

Daar is groot belangstelling Maandagoggend vir AfriForum se aansoek in die hooggeregshof in Kaapstad vir 'n dringende interdik om te voorkom dat 'n parlementêre komiteeverslag oor grondhervorming deur die parlement goedgekeur word.

Joernaliste, regslui en verteenwoordigers van politieke partye het die hof volgepak in afwagting van die aansoek wat voor regter Gayaat Salie-Hlophe aangehoor sal word.

Dit kom nadat die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee op 15 November in hul finale verslag aanbeveel het dat art. 25 van die Grondwet gewysig moet word om die onteiening van grond sonder vergoeding duidelik in die Grondwet uit te stippel.

AfriForum het n week later hofstukke op Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, en Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, bestel om die verslag van die komitee ter syde te laat stel omdat die proses “vol gebreke was”.

Die parlement staan die  aansoek teen.

Lewis Nzimande, medevoorsitter van die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee, voer in die parlement se beantwoordende hofstukke aan dat AfriForum doelbewus probeer om die parlement se wetgewende prosesse te frustreer.

Hy het daarop gewys dat die organisasie se aansoek in effek 'n aansoek is om die parlement te muilband. Benewens die dringende interdik versoek AfriForum in die tweede gedeelte van sy aansoek dat die hof die aanvaarding van die verslag as onwettig verklaar en dat dit terugverwys word na die komitee vir heroorweging.

Meer oor:  Grond  |  Komitee  |  Afriforum  |  Grondhervorming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.