Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: AfriForum vat hande met Sanco teen plaasmoorde

“Dit is vir ons almal sleg dat ons boere vermoor word.”

So sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, wat Woensdag op uitnodiging meer as 1 000 lede van die South African National Civic Organisation (Sanco) in die Uniegebou in Pretoria tydens ’n optog teen onder meer plaasmoorde en korrupsie toegespreek het.

“AfriForum veg nou al jare om plaasmoorde op die internasionale en openbare agenda van Suid-Afrika te kry,” het hy gesê.

Volgens Kriel vorder die organisasie “baie goed” daarmee, maar dit is belangrik dat ander gemeenskappe die geleentheid kry om ook hul stem teen plaasmoorde dik te maak.

“AfriForum verskil oor baie kwessies met Sanco, maar wanneer ons iets moet pak wat in ons almal se belang is, moet ons bereid wees om ondanks ons verskille saam te werk. Ons is nie bang om op enige platform die boodskap uit te dra dat plaasmoorde gestop moet word nie,” het Kriel gesê.

Hy is “dankbaar vir almal wat die optog meegemaak en hulself sterk teen plaasmoorde uitgespreek het”.

“Ons wil hê almal moet veilig wees en om daarvoor te veg moet ons hande vat en sê: Nie nog plaasmoorde nie!” Die skare het sy uitsprake teen plaasmoorde met applous begroet.

Chris Malematja, voorsitter van Sanco in Gauteng, het gesê die tyd het aangebreek dat mense uit verskillende agtergronde saamstaan teen grootskaalse korrupsie en aanvalle op plase in die land.

“As ons almal ons eie paadjie stap en alleen veg, sal ons op die einde sit met ’n land waarin niks vir ons nageslag oorbly nie. Dit is nou die tyd om skouer aan die wiel te sit en te veg vir die regte van ons mense.”

Malematja het ook teenoor die EFF-leier, Julius Malema, uitgevaar en gesê dat sy uitlatings tot plaasaanvalle bydra.

“Malema is ’n anargis en sy party moet gederegistreer word,” het hy gesê.

Kallie Kriel van AfriForum spreek Woensdag lede van Sanco op ’n saamtrek teen onder meer plaasmoorde en korrupsie buite die Uniegebou in Pretoria toe. Foto: Verskaf
Sanco-lede hou in ’n optog in Pretoria teen plaasmoorde en korrupsie ’n banier teen Julius Malema en die EFF omhoog. Foto: Verskaf
Sanco-lede betoog Woensdag teen plaasmoorde en korrupsie buite die Uniegebou in Pretoria. Foto: Verskaf

Meer oor:  Kallie Kriel  |  Sanco  |  Plaasmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.