Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: ANC braak gal oor DA se reklamebord in Jhb

Die DA se jongste reklamebord in Johannesburg wys dat dié party se politiek giftig geraak het en dat hy deur “die verspreiding van leuens” kiesers wil bang maak sodat hulle vir die DA in die komende nasionale verkiesing stem, meen die ANC.

Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, het so reageer nadat Mmusi Maimane, DA-leier, en verskeie ander hoë DA-amptenare Woensdag ’n reklamebord in die Johannesburgse middestad onthul het met die boodskap wat lui: “Die ANC vermoor ons” en die name van sogenaamde slagoffers daaronder.

Duisende DA-ondersteuners het van die Westgate-vervoerdepot na die Koningin Elizabeth-brug in die stad opgeruk vir die onthulling van die reklamebord.

Die reklamebord wat die DA Woensdag in die middestad van Johannesburg onthul het. Foto: Felix Dlangamandla

Die name van mense wat volgens die DA weens die “verwaarlosing” van die ANC-regering dood is, verskyn ook op die bord.

Maimane het met die onthulling daarvan gesê dat die DA daar is om “te rou oor die slagoffers van misdaad, Marikana, Life Esidimeni en die puttoilet-tragedies”.

Hy het in sy toespraak gesê dat die ANC die land seermaak en vermoor.

“As ek dít sê, bedoel ek nie hulle maak ons ekonomie seer en vermoor ons drome nie. Ek bedoel hulle beskadig letterlik ons liggame en vermoor ons.

“Mense, mans, vroue en kinders, sterf geheel en al voorkombare dode weens die verwaarlosing en korrupsie van die ANC. Baie van ons broers en suster het onnodig gesterf en baie meer sal nog sterf omdat die regerende party al lankal opgehou het om om te gee vir die mense van hierdie nasie.”

Die onlangse Ipsos-peiling was ’n verwoestende klap vir die DA se ambisies om die komende verkiesing te wen, aangesien die party onbelangrik en irrelevant vir die meeste Suid-Afrikaners geword het.
Zizi Kodwa

Maimane het ook van die name van die “slagoffers” wat op die reklamebord verskyn, voorgelees.

Kodwa sê die ANC het kennis geneem van hierdie “lasterlike” kommentaar van Maimane met die onthulling van die reklamebord.

“Die DA se manewales ontbloot die bankrotskap van hul politiek en die vlak van wanhoop waartoe hulle gedaal het.

“Eerder as om op hul sukkelende verkiesingsveldtog te fokus, het die DA weer sy onvermoë getoon om vir Suid-Afrikaners gesonde alternatiewe aan te bied.”

Volgens Kodwa is die ANC verder bekommerd dat die DA se optrede hiermee indruis teen die gedragskode vir die verkiesing omdat dit neerkom op die doelbewuste verspreiding van leuens oor ’n ander party.

Volgens hom sal die ANC die aangeleentheid in die gepaste forums, waarvoor die Verkiesingswet voorsiening maak, opper.

“Die onlangse Ipsos-peiling was ’n verwoestende klap vir die DA se ambisies om die komende verkiesing te wen, aangesien die party onbelangrik en irrelevant vir die meeste Suid-Afrikaners geword het,” sê Kodwa.

Meer oor:  Mmusi Mai­Mane  |  Zizi Ko­Dwa  |  Johannesburg  |  Politek  |  Reklamebord  |  2019-Verkiesing  |  Da  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.