Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: DA ‘reg om Gauteng te regeer’

Die DA is reg om veranderinge in die Gautengse provinsiale wetgewer in te lui as hy op 8 Mei ingestem word, sê Mmusi Maimane, DA-leier.

Hy het Vrydag by die Noord-taxistaanplek in die middestad van Johannesburg aan verslaggewers gesê die party se interne peilings dui daarop dat die ANC “die mag gaan verloor ná die verkiesing”.

Mmusi Maimane, DA-leier, Vrydag in ’n taxi in Johannesburg tydens sy party se verkiesingsveldtog. Foto: Verskaf

Hy was vergesel van Solly Msimanga, die party se premierskandidaat vir Gauteng, en John Moody, die DA se Gautengse leier, as deel van die party se kasi-to-kasi-verkiesingsveldtog.

Maimane sê as die DA verkies word, sal hy ’n kleiner regering in Gauteng aanstel en verkwistende besteding vasvat. Hy sê burgers moet weet dinge kan verbeter as die ANC die mag verloor. “Ons moenie oor verandering bekommerd wees nie, ons moet seker maak dat ons saamwerk vir ’n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners.”

Die jongste peiling van die Instituut vir Rasseverhoudinge wys dat die ANC 41,6% van die steun in Gauteng geniet teenoor 53,6 in die 2014-verkiesing.

Die DA geniet nou 32,4% van die steun en die EFF 18,2%.

Maimane sê die DA het reeds planne oor hoe ’n nuwe bewind in Gauteng moet funksioneer.

“Ons sal mense aanstel op grond van kwalifikasies en nie op grond van politieke konneksies nie. Ons wil die beste aanstel. Ons wil ook ’n klein regering hê. ’n Familie-onderneming is hier in Gauteng bestuur. Hulle stel hul vriende, hul familielede aan; hulle stel mense aan wat politieke konneksies met hul ANC-lidmaatskap het.

“Onder Msimanga sal daar geen vermorsing wees nie. Selfs die spoggerige voertuie wat politici gebruik – ons gaan dit aan die polisie gee om die skelms mee te jaag,” sê Maimane.

Msimanga sê die DA-administrasie in Tshwane het die metro se finansies onder beheer gekry ná net ’n jaar in beheer. Hy het belowe dieselfde sal met die provinsie se finansies gebeur.

“Die data wys dat toe ons in Tshwane oorgeneem het, die metro R2 miljard in die rooi was. Ons sê dit nie net nie; gaan kyk na Africa Check. Ons het van R2 miljard in die rooi beweeg na ’n bedryfsoorskot van R704 miljoen binne een jaar.”

Meer oor:  Mmusi Maimane  |  Solly Msimanga  |  John Moody  |  Johannesburg  |  Politiek  |  Verkiesing 2019  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.