Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: ‘Daar was beslis ’n lasbrief vir Magashule’

Daar is beslis ’n lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, sê Carl Niehaus, woordvoerder van die faksie vir radikale ekonomiese transformasie (RET).

“Daar is geen twyfel daaroor nie. Ons inligting is onberispelik,” het Niehaus Vrydagoggend gedurende ’n betoging in Newtown en Braamfontein in Johannesburg gesê.

Ondersteuners van oudpres. Jacob Zuma het betoog teen adjunkhoofregter Raymond Zondo en sy betrokkenheid by die Zondo-kommissie.

Netwerk24 het Niehaus gevra vir bewyse oor die lasbrief, maar Niehaus het die versoek van die hand gewys.

Hy sê die beweerde lasbrief dien twee doele.

“Vir eers is dit om die lasbrief uit te voer en Magashule sodoende te verhoed om sy pligte as sekretaris-generaal uit te voer.

Ace Magashule Foto:

“Die tweede doel van die lasbrief is om ’n waarskuwing aan Magashule te rig dat hy in hegtenis geneem sal word as hy aanhou om sy pligte te doen op die manier waarop hy dit doen.”

Hy sê die lasbrief “was tot ’n mate ook ’n manier om die water te toets” en om te sien wat die publiek se reaksie sou wees.

“Daar was geweldige druk van die publiek om Magashule in hegtenis te neem, maar jy kan hom nie in hegtenis neem as hy niks verkeerd gedoen het nie,” sê Niehaus.

Hy sê ondersteuners van Magashule en Zuma sal Gauteng Maandag tot stilstand bring weens die lasbrief.

“Raak aan die sekretaris-generaal, dan raak jy aan ’n klip. Raak aan die sekretaris-generaal en daar sal ’n massiewe opstand wees. Raak aan die sekretaris-generaal en jy sal die gevolge daarvan dra,” sê Niehaus.

Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, sê Niehaus se beweringe oor ’n lasbrief is onwaar. “Ek sê weer: Daar is geen lasbrief uitgereik vir Ace Magashule nie. As Niehaus bewyse het dat daar is, moet hy daardie inligting bekend maak,” sê hy.

Carl Niehaus Foto:

Ook Bulelwa Makeke, NVG-woordvoerder, het Vrydag daarop gewys dat geen lasbrief uitgereik is vir Magashule nie.

Groot verwarring het Dinsdagaand ontstaan ná gerugte oor die beweerde lasbrief.

Independent Online (IOL) het berig dat ’n lasbrief vir Magashule se inhegtenisneming in verband met sy beweerde rol in die Vrede-melkplaasprojek in die Vrystaat uitgereik is.

Magashule was die Vrystaatse premier toe die geld wat bedoel was om opkomende boere te help, na bewering misbruik is.

Volgens IOL het ingeligtes in die Valke bevestig dat Magashule op die lys is van mense wat vandeesmaand in hegtenis geneem gaan word.

IOL het ook berig dat Magashule gesê het hy is bewus van die voorgenome inhegtenisneming.

Meer oor:  Staatskaping  |  Ace Magashule  |  Lasbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.