Pambo het gesê almal wat opgedaag het, moet toegelaat word om by die skool te betoog en nie net die 100 waarop ooreengekom is nie. Hy het gesê dit is nie ’n partytjie nie, dit is ’n betoging en daarom moet meer mense toegelaat word.
Daar is deurgaans met die polisie hieroor onderhandel.
Betogers vorm rye vir 'maksimum dissipline'
Nog ’n klein groepie betogers het hulle by die groot groep aangesluit en nog ’n EFF-leier het hulle toegespreek.
Die betogers het daarna rye gevorm en die woorde “maksimum dissipline” is gebruik.
Die groep het in die rigting van die skool beweeg.
Teen 12:15 het die groep stadig vorentoe, op in Paradysstraat, begin beweeg. Die polisie versper Frans Conradie-rylaan aan weerskante.