Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kýk die verskil tussen elite en gewone mense

Die polisie bestee jaarliks R3 miljard aan die beveiliging van minder as 300 sogenaamde “baie belangrike mense”, sê Mmusi Maimane, DA-leier.

Hy het Woensdag die Dobsonville-polisiekantoor in Soweto besoek as deel van die DA se verkiesingsveldtog.

Maimane sê die polisie bestee jaarliks gemiddeld R10 miljoen per persoon vir die beveiliging van baie belangrike mense, maar net R1 600 per persoon per jaar vir gewone mense.

Mmusi Maimane, DA-leier.Foto: Deaan Vivier

“Dit wys hoe ’n groot verskil daar tussen die politieke elite en gewone mense is wat deur die polisie gedien moet word.”

Maimane sê die totale polisiebegroting vanjaar is sowat R100 miljard om die 58 miljoen mense in die land te beskerm.

“Maar die ANC beskou nie alle Suid-Afrikaners as gelyk bnie. Nie eens naastenby nie.”

Die DA-leier sê die gaping tussen die politieke elite en Jan Alleman is nêrens duideliker as in arm gebiede met ’n hoë voorkoms van misdaad en waar die polisie nie genoeg hulpbronne het nie.

“By dié polisiekantoor in Dobsonville is die verhouding tussen die getal polisiemanne en die publiek een polisieman vir elke 1 121 mense. Dit beteken meer as 1 000 mense vir elke enkele polisiebeampte.”

Maimane sê die Verenigde Nasies (VN) se riglyn is een polisielid vir 220 mense.

Suid-Afrika se nasionale gemiddeld is nader aan dubbeld dié syfer. In sommige arm gebiede is die verhouding tot vyf keer hoër as die VN se riglyn.

“Min. (Bheki) Cele (minister van polisie) sê Suid-Afrika het tans ’n tekort aan 62 000 polisiebeamptes. Maar terselfdertyd bestee die polisie R10 miljoen per jaar per persoon om baie belangrike mense te beskerm.

“ ’n Regering wat omgee, sal mos na dié situasie kyk en sê: ‘Dis verkeerd. Kom ons bestee eerder die geld waar dit die nodigste is,” het Maimane gesê.

Die feit is die land het ’n regering wat nie omgee nie, sê hy.

“Wanneer jy konvooie met swart BMW’s en Mercedes-Benz’e deur die verkeer sien jaag met hul blou ligte, dan sien jy ’n regering wat sê hy sal nie dieselfde hoeveelheid geld begroot en standaarde handhaaf vir gewone Suid-Afrikaners nie.

“Dié regering het nie by die ANC aangesluit om soos gewone mense te leef nie. Hulle het by die ANC aangesluit om soos baie belangrike mense behandel te word met geld wat vir die gewone mense bedoel is,” sê Maimane.

Meer oor:  Mmusi Maimane  |  Soweto  |  Beveiliging  |  Verkiesing 2019  |  Polisie  |  Da  |  Verkiesingsveldtog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.