Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: EFF gerat om parlement ‘militant’ te ontwrig ná opstote

Hulle het “opstote gedoen en voorberei” en gaan nie afwyk van hul plan om pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede Donderdagaand “op militante wyse” te ontwrig nie, sê die EFF.

Die party dreig sedert verlede maand om die staatsrede in ’n chaos te dompel as Ramaphosa nie vir Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, afdank nie.

Vuyani Pambo, EFF-woordvoerder, het Donderdag buite die Nasionale Vergadering (NV) gesê die party is slaggereed vir die sitting.

Op ’n vraag oor of die EFF-LP’s gereed is om soos voorheen hardhandig deur die parlementêre beskermingsdienste uit die NV geboender te word, was sy antwoord duidelik.

“Ons is verkies (tot LP’s) om deur te druk. So, ons het ons opstote gedoen, nie geslaap nie, weer opstote gedoen en voorberei – strategie en taktiek. Ons gaan die staatsrede militant ontwrig. Ons is nie bang nie, hulle kan maar kom.”

Pambo het daarop gewys dat hul lede verkies is om die uitvoerende gesag aanspreeklik te hou en dat hulle dit gaan doen deur die president (se toespraak) te ontwrig.

Staatsinstellings kan nie langer ontwrig word deur planne om dit te verkoop aan die hoogste bieër nie.

“Ons sê Pravin Gordhan moet gaan. Dit is tyd dat ons ’n nugterdenkende minister kry wat sal seker maak dat staatsinstellings in die hande van die staat bly.

“Iemand wat ons sake kan bestuur sodat ons elektrisiteit in ons huise het.

“Ons lewe word in die stadium deur donkerte gekenmerk en ons kan nie langer daarmee saamleef nie. Ons lewe word ontwrig, want dis die heeltyd donker.”

Bheki Cele
Minister van Polisie, Bheki Cele, spreek lede van die SAPD en Metropolisie. Foto: Jaco Marais

Staatsinstellings kan nie langer ontwrig word deur planne om dit te verkoop aan die hoogste bieër nie.

Pambo het ook verwys na ’n voorstel (deur sakereddingspraktisyns) om 11 roetes van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te kanselleer.

“Hulle wil die SAL ondermyn en wil hê dit moet lyk asof die lugdiens sukkel. Ons weet dit is politieke inmengery en swak besluitneming.

“Staatsinstellings hoef nie ’n wins te maak nie, maar moet net gelykbreek sodat hulle in staat is om ons mense te dien. Hulle moet selfonderhoudend wees en in staat wees om elektrisiteit te verskaf.

“Ons moet Durban toe kan vlieg.”

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Ontwrig  |  Parlement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.