Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Gwede uitgejou: ‘Wat het Zuma verkeerd gedoen?’

Afgevaardigdes by die ANC se provinsiale verkiesingskonferensie wat nou ’n “konsulterende konferensie” is, het die party se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, uitgejou en liedere gesing wat vra wat dit is wat voormalige pres. Jacob Zuma gedoen het.

Afgevaardigdes het Vrydagaand by die Universiteit van Zululand geweier dat Mantashe praat, al is hulle herhaaldelik gevra om hom ’n kans te gee.

Mantashe moes die hoofrede namens pres. Cyril Ramaphosa lewer wat die G7-beraad in Kanada bywoon.

“As hierdie ’n ANC-konferensie is, sal ek praat,” het Mantashe gesê wat eers voorgegee het om saam te sing en dans op die liedere wat oor hom gesing is.

Gwede Mantashe, nasionale voorsitter van die ANC. Foto: Argief

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het vroeër die verkiesingskonferensie verhoed om voort te gaan.

Dié besluit het verskeie afgevaardiges warm onder die kraag gelaat. Van hulle het gedreig daar sal ’n geveg uitbreek indien dit nie voortgaan nie.

Sihle Zikalala, provinsiale voorsitter van die uitvoerende komitee, het gesê hy is bereid om na hul griewe te luister.

Hy het toe afgevaardigdes toegelaat om hul standpunte te opper oor die gekanselleerde konferensie en hoekom hulle Mantashe se spreekbeurt teenstaan.

Die konferensie is laat Vrydagaand verdaag en sal Saterdag voortgaan.

Voordat die afgevaardigdes verdaag het, is joernaliste beveel om die vertrek te verlaat ná verskeie pogings om die afgevaardigdes te kalmeer.

Mantashe het vanaf die podium vir Zikalala gesê die afgevaardigdes bly stil wanneer hy (Zikalala) praat, maar sing wanneer Mantashe probeer praat en dat dit die indruk skep dat daar ’n faksie is.

Nadat die afgevaardigdes verdaag het, het leiers vergader om die pad vorentoe te bepaal.



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.