Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Hoekom so baie lyfwagte, Zuma?

’n Hele groepie lyfwagte het laer getrek rondom pres. Jacob Zuma met sy aankoms by die galadinee van die ANC se 106de verjaardagvierings wat Vrydagaand in Oos-Londen gehou is.

En nou bespiegel verskeie sosialemedia-gebruikers waarom die voormalige ANC-president so uiters versigtig is.

Hoekom so baie lyfwagte, wou die rubriekskrywer Max du Preez weet in reaksie op die video wat die lig op sosiale media gesien het.

Die feesvieringe word Saterdag in Oos-Londen voortgesit waar adj.pres. Cyril Ramaphosa sy eerste toespraak as die ANC-president lewer.

Nog gebruikers het dadelik gereageer:

“Hy gee nie sy SA presidentskap op wanneer hy die ANC-funksie bywoon nie. Wil jy hê die regtervleuel moet hom tydens ’n ANC-konferensie vermoor soos wat hulle in Mangaung probeer het?” vra @Amplitorque.

Du Preez het hierop vir haar gesê sy bedoel seker al die regtervleuels wat tienduisende rande betaal het om die ANC se banket by te woon.

Karin Morrow twiet “die vyand is binne die tent”.

“Daar is baie messe in die eetsaal,” twiet Gordon Coburne.

Ene @DWBal4 reken dis omdat Zuma die mees veragte man in Suid-Afrika en is daarom ’n groot teiken vir moord.

“As hulle nie daar was nie, sou niemand sy aankoms agtergekom het nie,” twiet @MzansiBeliever.

Paul Rutkiewicz twiet daar is so baie lyfwagte omdat Zuma ’n vrees vir voedselvergiftiging het. “Een proefkonyn per gereg?”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.