Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Jeug moet help in stryd teen pandemie – Cyril

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag gesê Suid-Afrika se jeug moet deel wees van die nasionale stryd om die Covid-19-pandemie te verslaan.

Hy het die hoofrede op die land se nasionale jeugdagviering in Pietermaritzburg virtueel gelewer.

Hy het bygevoeg dat die vinnige styging in nuwe infeksies in die land die rede is waarom hy en die kabinet die inperkings Dinsdagaand na vlak 3 teruggeskuif het.

“Dit is waarom ek self nie vandag persoonlik saam met julle in Pietermaritzburg kan wees nie.”

Ramaphosa het jeugdiges versoek om alle openbare gesondheidsregulasies, wat vir almal se veiligheid ingestel is, streng na te kom.

“Gaan voort om jul maskers te alle tye in die openbaar te dra, jul hande gereeld te was of te ontsmet en gesonde afstande van mekaar te handhaaf.

“Ek het vanoggend my gebruiklike 10 km gaan stap en byna almal wat ek op straat gesien het, het hul maskers gedra. Sommige het selfs vir my gesê dat hulle my gisteraand gehoor het en daarom hul maskers dra. Ek wil beklemtoon dat ons moet aanhou om dit te doen.

“Vermy ook plekke met baie mense, partytjies en maatskaplike saamtrekke en raai jul vriende en familielede aan om dieselfde te doen.”

Ramaphosa het ook benadruk dat die ekonomie erg onder die gevolge van die koronaviruspandemie ly. “ ’n Situasie was reeds sleg was, het vererger.”

Sy regering plaas egter die jeug sentraal tot die nasionale ekonomiese herstelplan.

“Dit is die enkele fokus van hierdie administrasie om te verseker dat jong mense die geleenthede gegun word sodat hulle hulself kan ophef, verandering in hul gemeenskappe kan dryf en tot die ekonomie kan bydra. As die regering dryf ons ’n aantal inisiatiewe, sommige wat voor die pandemie begin het.”

Hy het bygevoeg dat hoewel die regering sy planne vir hierdie jeug-inisiatiewe weens die pandemie moes aanpas, sal dit hom nie van sy verbintenis laat afwyk nie.

*Volg Netwerk24 vir meer hieroor.


Meer oor:  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Jeugdag  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.