Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Kis en kruise bly ‘totdat ons ’n datum kry’

Die Khoi-San-aktivis wat in ’n kis buite die premierskantoor in Bhisho in die Oos-Kaap slaap, se veldtog begin vrugte afwerp.

Phumulo Masualle, die premier, en Weziwe Tikana, Oos-Kaapse LUR vir veiligheid, het Dinsdag met Christian Martin, wat ook ’n ANC-LP in die Oos-Kaapse wetgewer is, vergader.

Die wit kruise voor Phumulo Masualle, die Oos-Kaapse premier, se kantoor in Bhisho. Foto: Verskaf

Martin en nog Khoi-San-aktiviste slaap in wind en weer voor die premierskantoor om bewustheid te skep vir die voortslepende bendegeweld in Port Elizabeth se noordelike gebiede.

Martin het vroeër 80 wit kruise naby die kis staangemaak as simbool van die kinders en onskuldige mense wat in die kruisvuur van bendeoorloë in die gebied dood is.

Volgens hom simboliseer die kis die lewensomstandighede van inwoners in die noordelike gebiede. “Hulle is the walking dead,” meen hy.

Martin het net ná die vergadering Dinsdag gesê Masualle het beloof om die krisis ’n voorkeursaak te maak.

“Ons het vanoggend vergader en dit was insiggewend en omvattend. Ons het die premier ingelig oor wat in die gebied aan die gang is.”

Masualle gaan glo aan Bheki Cele, die minister van polisie, skryf en vra dat hy Port Elizabeth besoek om met die gemeenskappe te vergader wat deur bendegeweld geteister word.

“Totdat dit gebeur sal ons buite die premierskantoor slaap,” sê Martin.

In die afgelope ses maande is 75 mense weens bendegeweld in dié gebied dood. Teen die tyd dat dié syfers bekend gemaak is, het bendegeweld tot die dood van nog vyf mense in vyf dae gelei.

Volgens hom is die oplossing vir die krisis waardeur die gemeenskappe in die gesig gestaar word, veelvuldig.

“Daar is nie net ’n enkele oplossing nie. Dwelmgebruik en misdaad vier hoogty. Die regering se maatskaplike groepering moet ’n oplossing hiervoor kry. Daar is ook aan die ekonomiese kant oplossings nodig.

“Ek het griep, maar ek sal deurdruk en hier kampeer totdat hulle vir ons die datum (waarop die minister na Port Elizabeth sal kom) gee,” het hy bygevoeg.

Martin waarsku dat nog mense sal sterf indien oplossings nie gevind word nie.

Die Khoi-San-veldtog het Donderdag begin toe die kruise langs Stanfordstraat staangemaak is, die pad wat na die hart van bendebedrywighede in die gebied lei.

Lorroygan Williams (22) is Saterdag omstreeks 05:30 in sy huis in Strelitziastraat, Timothy Valley, doodgeskiet, het kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, bevestig.

In die afgelope ses maande is 75 mense weens bendegeweld in dié gebied dood. Teen die tyd dat dié syfers bekend gemaak is, het bendegeweld tot die dood van nog vyf mense in vyf dae gelei.

Meer oor:  Christian Martin  |  Phumulo Masualle  |  Oos-Kaap  |  Bhisho  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.