Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Komitees sal vra dat parlement onluste bekyk

Drie komitees wat aan die parlement verslag gaan doen oor verlede week se gewelddadige onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng, gaan ’n parlementêre diepteondersoek voorstel.

So het Cedric Frolick, voorsitter van die komitees in die Nasionale Vergadering, Woensdag op ’n besoek aan Soweto gesê.

Frolick en ander hooggeplaastes het winkelsentrums in die gebied besoek om die omvang van die skade van die plundery vas te stel en om met belanghebbendes te gesels.

Hulle het ook geloop deur die puin in die Jabulani-winkelsentrum, wat steeds gesluit is. Toegang tot dié sentrum word streng gereguleer.

Hulle het ook die Protea Glen-winkelsentrum, wat ook steeds gesluit is, besoek.

Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, besoek ’n winkel in die Jabulani-winkelsentrum in Soweto wat geplunder is. Foto: Melinda Stuurman

Frolick sê die portefeuljekomitee oor die polisie, die gesamentlike staande komitee oor verdediging en die gesamentlike staande komitee oor intelligensiedienste het Gauteng en KwaZulu-Natal vandeesweek besoek om verskillende aspekte rondom die gebeure te ondersoek.

“Wat belangrik is, is die algehele verwoesting wat lede van die parlement nou met hul eie oë sien, asook die invloed wat dit het, en die goeie werk wat gedoen is deur die polisie en ook waar sekere dinge anders gedoen kon gewees het,” sê Frolick.

Die drie komitees gaan gesamentlik verslag aan die parlement doen.

Werknemers van ’n winkel in die Jabulani-winkelsentrum ruim op nadat plunderaars verwoesting gesaai het. Foto: Melinda Stuurman

“Een van die voorstelle is dat ’n parlementêre diepteondersoek gedoen word oor die gebeure van die afgelope week sodat ons kan kyk waar sekere dinge nie gebeur het nie, watter dinge wel gebeur het en wat gewerk het. Ook moet gekyk word na hoe ons so ’n situasie in die toekoms kan voorkom.”

Die verslag sal ingedien word sodat die speaker in die huis dit kan oorweeg.

Nie net plundering, ook vandalisme

Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, sê dit is nie net plundery nie, dit is ook die vernietiging van eiendom.

Sy sê hulle het die geleentheid gehad om met polisiebeamptes op grondvlak te praat.

“Hulle het hul kommer uitgespreek dat die polisie se eenheid vir openbare orde baie dun op die grond gesaai is. Die begroting vir die polisie is heeltemal ontoereikend.

“Elke Suid-Afrikaner het die grondwetlike reg op vrede, beskerming en veiligheid. In hierdie tydperk van plundering het ons veiligheid in die gedrang gekom.”

Volgens Joemat-Pettersson sal die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) klagte ondersoek van plundery waarby polisielede betrek word. Sy wys daarop dat die polisie die reg en orde moet handhaaf.

“Ons het voorvalle gehad waar polisielede hulle aan plundery skuldig gemaak het. Opod sal die klagte ondersoek.”

Rommel buite die Protea Glen-winkelsentrum in Soweto ná die plundery. Die winkelsentrum was Woensdag steeds gesluit. Foto: Melinda Stuurman
Cedric Frolick, voorsitter van die komitees in die nasionale vergadering, en Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, spreek die media toe. Foto: Melinda Stuurman

Meer oor:  Plundering En Geweld  |  Kzn-Herstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.