Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Pravin, Tito en Patricia beëdig

Hoofregter Mogoeng Mogoeng beëdig Donderdagmiddag die nuwe ministers wat pres. Cyril Ramaphosa Woensdagaand aangekondig het.

Die beëdiging vind in die Sefako Makgatho-presidensiële gastehuis in Pretoria plaas.

Lees ook: 

30 Mei 18:03:14

Die verrigtinge kom tot 'n einde. 'n Groepfoto gaan nou geneem word. 

30 Mei 18:03:00

Chikunga word dan weer na vore geroep omdat daar voorheen probleme met haar sertifikaat was. Sy word dan amptelik beedig as adjunkminister van staatsdiens en administrasie.

30 Mei 17:58:07

Thembi Siweya is nou die adjunkminister in die presidensie wat saam met Jackson Mthembu daar sal werk. Sy is ook lid van die ANC-jeugliga se nasionale uitvoerende komitee. Sy is ook 'n voormalige nasionale tesourier van die studente-organisasie Sasco.

30 Mei 17:53:32

Njabula Nzuza word beëdig as adjunkminister van binnelandse sake. Hy is ook een van die jongste nuwe adjunkte. Hy is tans sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga.

30 Mei 17:51:34

Boitumelo Moloi word beëdig as as adjunkminister van die nuwe departement van werkskepping en arbeid.

30 Mei 17:48:41

Phumulo Masualle word beëdig as adjunkminister van openbare ondernemings waar hy saam met Pravin Gordhan sal werk. Hy is ook 'n voormalige premier van die Oos-Kaap.

30 Mei 17:45:53

Dr. David Masondo word beedig as adjunkminister van finansies. Hy was voorheen LUR vir finansies in Limpopo.

30 Mei 17:43:32

Fikile Majola is nou amptelik adjunkminister van handel en nywerheid. Hy is een van twee adjunkte in hierdie departement. Hy is 'n voormalige voorsitter van die portefeuljekomitee oor energie.

30 Mei 17:41:24

Fish Mahlalela word beëdig as adjunkminister van toerisme. Fish is 'n voormalige LUR in Mpumalanga.

30 Mei 17:39:14

Dikeledi Magadzi is nou amptelik die adjunkminister van vervoer nadat sy haar ampseed afgelê het. Sy was voorheen voorsitter van die portefeuljekomitee oor vervoer en was ook lid van die Regterlike Dienskommissie.

Meer oor:  Cyril Ramapahosa  |  Kabinet  |  Beëdig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.