Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Naledi Pandor spreek VN se veiligheidsraad toe

Afrika staan voor baie ingewikkelde uitdagings, waarvan baie veelvoudige en samelopende kwessies is, het dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, op ’n sitting van die veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) in New York gesê.

Sy het gesê dié kwessies sluit in die bevordering van vrede en veiligheid, maatskaplike ekonomiese ontwikkeling en veerkragtigheid, die toegang tot hulpbronne en ekonomiese geleenthede, en die uitbreiding van die demokrasie en goeie regering.

Histories is van die bydraende faktore wat bydra tot onstabiliteit en onsekerheid in Afrika, onder meer armoede, marginalisering, ongelykheid, werkloosheid, ’n gebrek aan die bestuur van diversiteit, swak regering, die wedywering om natuurlike bronne, inmenging van buite en die groot invloed wat klimaatsverandering deesdae het.

Pandor het gesê die toename in terrorisme, gewelddadige ekstremisme en geweld tussen gemeenskappe op sekere dele van die vasteland dra by tot die probleme.

“Gedwonge en soms ongrondwetlike veranderinge in regerings deur ‘militêre optrede’ het ook gelei tot die afname in maatskaplike kapitaal en die ekonomieë van lande. Die gevolg hiervan is wydverspreide geweld en humanitêre krisisse,” het sy bygevoeg.

Dit het boonop ’n invloed op ander lande op die vasteland.

“Gekombineerde pogings en vennootskappe is nodig om die ingewikkelde bedreigings die hoof te bied. Dit is ook nodig dat daar begrip is vir die omstandighede wat tot die krisisse gelei het.”

Sy het gesê Afrika-lande het al groot vordering gemaak om die droom van die Afrika-Unie (AU) te bewaarheid dat daar teen volgende jaar geen konflik meer in Afrika sal wees nie.

Die VN help die vasteland ook baie om konflik te besleg.

Suid-Afrika speel in beide die VN en die AU ’n aktiewe rol, sy gesê. Die twee organisasies werk al hoe nouer saam.

*Pandor het vandeesweek die afvaardiging van Suid-Afrika, ’n nie-permanente lid van die veiligheidsraad, na die VN se 74ste algemene vergadering gelei.

Meer oor:  Naledi Pandor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.