Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Nehawu betoog voor Uniegebou

Die nasionale leierskap van die vakbond Nehawu het Maandag met sy beplande betoging voor die Uniegebou in Pretoria begin.

Antwoorde word geëis van pres. Cyril Ramaphosa nadat die vakbond reeds op 3 September ’n memorandum met eise aan hom oorhandig het.

Mzwandile Michael Makwayiba, Nehawu se president, het gesê die vakbond is hoofsaaklik ontevrede omdat die regering nie sy ooreenkoms oor die salarisverhogings nagekom het nie.

Die regering het in 2018 ’n ooreenkoms onderteken, wat die salarisverhogings van staatsdienswerkers in 2018, 2019 en 2020 behels. Die laaste verhoging moes op 1 April vanjaar gewees het.

Volgens Makwayiba is vir hulle gesê daar is nie geld nie, “maar dan is daar mense wat geld steel, en ’n mens steel tog nie geld uit ’n leë beursie nie”.

Hy het gesê die betogings sal voortduur totdat aan hul eise gehoor gegee word.

Die vakbond dreig ook met ’n landwye staking deur hul 289 000 lede, wat hoofsaaklik uit gesondheidswerkers bestaan.

Lede van Nehawu betoog Maandagoggend voor die Uniegebou in Pretoria. Foto: Deaan Vivier
Hulle eis antwoorde van pres. Cyril Ramaphosa nadat hulle reeds op 3 September ’n memorandum met eise aan hom oorhandig het. Foto: Deaan Vivier
Die vakbond dreig alreeds maande met ’n staking oor die ooreenkoms met die staat oor salarisverhogings wat nie nagekom is nie en oor ’n gebrek aan beskermende toerusting vir gesondheidswerkers. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Pretoria  |  Uniegebou  |  Covid-19  |  Gesondheid  |  Nehawu  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.