Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Net DA wil een SA vir almal bou – Maimane

Die DA is die enigste party wat op die nalatenskap van oudpres. Nelson Mandela van “een Suid-Afrika vir almal” wil voortbou, sê Mmusi Maimane, DA-leier.

Maimane het DA-ondersteuners Saterdag by die Bellville-fietsrybaan in Kaapstad toegespreek, waar die party se aksieplan vir die provinsie bekend gestel is.

“Dit is in dié provinsie waar Mandela uit die tronk gestap en gesê het hy droom van ’n Suid-Afrika waarin almal vry is. Eendag sal dit moontlik wees dat my en jou kinders saam aan een Suid-Afrika vir almal kan bou.”

Volgens Maimane dryf dié droom steeds die DA en is dit “waarvoor ons elke oggend wakker word”.

“Wanneer ons sê ons wil een land vir almal bou, bedoel ons nie dat ons politieke partye soek wat óf swart óf wit óf bruin mense verteenwoordig nie, maar een waarin hulle almal saam kan werk en verenig rondom die Suid-Afrika wat ons wil bou.

“Almal het van dié droom vergeet en ek en jy is die enigste wat op die nalatenskap van Mandela wil voortbou.”

Hy het gesê die Grondwet gee mense die reg om hulself te identifiseer en dat hy al voorheen daarop gewys het dat “as jy nie kan sien ek is swart nie, dan sien jy my nie”.

“Dit beteken nie jy moet vergeet wie jy is as jy die samelewing wil verbeter nie. Jy moet kan staan as ’n gelyke man of vrou langs enigiemand en sê, ‘Ek is trots Afrikaans of Xhosa’. Diversiteit gee vir ons die beste sin van wie ons regtig is.”

Maimane sê as iemand in die DA Afrikaans of Xhosa wil praat, “moet hulle”.

Helen Zille het Saterdag een van haar laaste toesprake as Wes-Kaapse premier gelewer en selfs ’n gedeelte van “Time to Say Goodbye” gesing.

Sy het haar span bedank wat al van 2009 saam met haar werk. Dit was nie net haar kabinet nie, het sy gesê, maar die hele provinsie en al die DA-ondersteuners wat sy Saterdag toegespreek het.

“U sal almal in my hart bly voortleef. Die span kan egter net sy werk voortsit as jy werk en stem daarvoor. Ons kan nie net aanvaar dat ons die Wes-Kaap gaan wen nie, maar sal moet werk om dit reg te kry.”

Mmusi Maimane, DA-leier, Saterdag by die bekendstelling van die DA se aksieplan vir die Wes-Kaap by die Bellville-fietsrybaan in Kaapstad.Foto: Malherbe Nienaber
Helen Zille, Wes-Kaapse premier, Saterdag by die bekendstelling van die DA se aksieplan vir die Wes-Kaap by die Bellville-fietsrybaan in Kaapstad.Foto: Malherbe Nienaber


Meer oor:  Da  |  Mmusi Maimane  |  Helen Zille  |  Wes-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.