Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
LP's se eis aan Gordhan: 'Wys ons SAL se finansiële state'

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) kan gered word, maar nie in sy huidige vorm nie.

Dit is die voorlopige gevolgtrekking van die sakereddingspraktisyns wat besig is met ’n assessering oor of die sukkelende SAL gered kan word of nie.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Woensdagoggend op ’n gesamentlike sitting van die staande komitee oor openbare rekenings (Skoor) en die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings by die parlement verslag gedoen oor die jongste verwikkelinge oor die beplande sakeredding van die lugdiens. 

Gordhan sê die sakereddingspraktisyns is besig om ’n omvattende sakereddingsplan vir die SAL op te stel.

Dit sal bekend gemaak word sodra dit afgehandel is.

19 Feb. 11:01:52

Gordhan:

"Soos die proses vorder sal 'n besluit geneem word oor die toekoms van al die SAL se entiteite.

"SAL Tegnies was tien jaar gelede een van die beste in die wêreld. Dit is egter vernietig tydens die jare van staatskaping en korrupsie.

"Dit word egter nou weer herbou en daar is groot potensiaal vir SAL Tegnies. Daar was goeie idees in die direksie se laaste regrukplan, maar ons sal kyk hoe dit gebruik kan word."

19 Feb. 11:00:32

Gordhan:

"Die vlieëniers by die SAL se salarisse is "evergreen" en is in die vroeë 1990's met hulle onderhandel. Die direksie het daarom op regsaksie besluit om dit te laat hersien. Ek weet nie hoe die hofgeding vorder nie. Die vereniging van vlieëniers is een van sewe erkende vakbonde by die SAL en is tans ook deel van die sakereddingsproses."

19 Feb. 10:58:43

Gordhan is weer aan die woord en beantwoord LP's se vrae.

" 'n Deel van wat ons moet doen is om nuwe kundigheid na die SAL te bring. Ons moet 'n span ontwikkel wat 'n lugdiens kan bedryf. Ons is bewus van die huidige beperkinge. Ons moet daarom die nodige vaardighede vind om dit aan te spreek."


19 Feb. 10:57:00

'Wys ons die finansiële state'

'n LP meen Gordhan wil nog regsadvies inwin oor of hy die SAL se finansiële state aan die parlement kan voorlê.

"Die SAL is 'n bate van die nasie en die nasie wil weet wat daar aangaan. Ons kan nie agter tegniese kwessies skuil nie. Ons wil weet wanneer ons die finansiële state sal kry. Ons stel nie belang in regsadvies nie en die minister het steeds uitvoerende magte, al is die SAL onder sakeredding.

"Hy moet dus steeds daaroor verslag moet doen. As die SAL die geld kry wat nodig is, hoe kan ons verseker wees dat ons nie weer 'n reddingsboei sal moet gee nie. Hulle wil die SAL vernietig. As ons nie die finansiële state kry nie, moet ons die minister en alle ander betrokkenes afdank.

"Hoe kanselleer jy 'n vlugroete na Durban wat die besigste is?

"Wat is die verhouding met georganiseerde arbeid?

"As jy hou maatskappy goed wil bestuur, moet daar goeie verhoudinge met georganiseerde arbeid wees. Werknemers van die SAL in Durban is reeds aangesê om nie in Maart terug te keer werk toe nie."

19 Feb. 10:48:47

Een LP meen omdat daar geen nuwe finansiële inligting oor die SAL se geldsake beskikbaar is nie, kan geen vrae daaroor gevra word nie.

"Gordhan moet dan net sê wanneer die sakereddingsplan beskikbaar sal wees."

Nog 'n LP vra watter roetes gesny kan word om die lugdiens meer selfonderhoudend te kan maak en wil ook weet wat die die arbeidskwessies rakende die sakereddingsproses is.

Wanneer gaan die bestuurspan vir die sakeredding aangestel word?

"Die ANC wil sien dat die SAL volhoubaar en winsgewend word."

19 Feb. 10:42:43

Nog vrae word aan Gordhan gestel:

Gaan die SAL se laaste direksie se regrukplanne vir die SAL deel vorm van die sakereddingsproses?

Het die SAL die afgelope twee jaar doelbewus nie sy jaarstate by die parlement ingedien nie om likwidasie te vermy?

Wanneer presies gaan die sakreddingsplan aan die parlement voorgelê word?


19 Feb. 10:40:35

Die LP's se vrae waarop Gordhan gaan antwoord, sluit in:

Wat was die oortuiging vir waarom daar op sakereddings besluit is?

'n Ander LP vra ook vir duidelikheid oor die tydsraamwerk vir die proses. 

Hoe groot is die SAL se aandeel in SA Airlink?

Het SAL Tegnies sy dienste gratis aan SA Airlink beskikbaar gestel?

Hoekom kan die SAL, Mango en SA Express nie saamsmelt nie?

19 Feb. 10:26:18

LPs stel nou 'n tweede ronde vrae aan Gordhan en sy span.

19 Feb. 10:26:01

Gordhan verwys nou na die grafiek van die SAL se inkomste en verliese die afgelope jare.

"Dit wys daar is verliese gely. Vir 'n jaar of twee, van einde 2017 af, was dit die strategie om meer vlugte in te stel.

"Dit is nie meer die geval nie, maar is gedoen in 'n poging om koste te bespaar en om groei te bewerkstellig. Maar (die SAL) het net aanhou verliese ly."

19 Feb. 10:23:47

Gordhan:

"Die kontant wat ons tot dusver vir die sakereddingsproses aan die SAL gegee het, sal nog tot vroeg in Maart hou.

Dit is die bewegende dele van die proses.

Ons moet dit daagliks deurdink om die proses aan die gang te hou en om soveel moontlik poste by die SAL te behou.

Ons het nie gedink die likwidasie van die lugdiens is die beste opsie vir al die belanghebbendes nie.

Dit is omdat likwidasie allerlei katastrofes sou inhou. 

Daarom was sakeredding die beste keuse."

Meer oor:  Gordhan  |  Sakeredding  |  Sal  |  Pravin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.