Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gaan vanmiddag vanaf 14:30 voort met ondervragings oor beweerde ongerymdhede wat verband hou met wetstoepassing in die land.
Volgens die lys van getuies sal Robert McBride, voormalige hoof van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), asook Johan Booysen, ’n voormalige bevelvoerder van die Valke in KwaZulu-Natal, gekruisondervra word oor getuienis wat hulle vroeër voor die kommissie afgelê het.