Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Dudu Myeni hou haar naam skoon - 'sit niks op skrif'

  • Bedrog en korrupsie met 'n lening wat die SAL wou aangaan, is vandag deur die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping ondersoek.
  • Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gaan vir die volgende paar weke getuienis aanhoor wat met staatskaping in die lugvaartbedryf verband hou.
  • Verlede week was Cynthia Stimpel, voormalige groeptesourier van die SAL, die eerste getuie.
  • Vandag het Phumeza Nhantsi, voormalige hoof van finansies by die SAL, getuig.
18 Jun. 18:02:04

Die sitting verdaag tot Woensdag om 10:00.

18 Jun. 17:53:24

Nhantsi getuig dat Myeni haar twee tot drie maal 'n dag gebel het oor die kansellasiefooi. Myeni het gesê BnP maak nie 'n wins nie, sy moet dit besef.

Hofmeyr sê daar was intussen getuienis voor die kommissie dat dit nie waar is nie.

Nhantsi sê dit is reg ja.

18 Jun. 17:48:23

Nhantsi getuig dat sy sou wou aanbeveel die bedrag is te hoog. Sy sê die formaat van die korrespondensie aan die raad laat nie spasie toe waar 'n mens jou aanbeveling kan uiteensit nie.


18 Jun. 17:39:58

SAL-amptenaar deur Dudu Myeni onder druk geplaas, hoor Zondo

Op 4 Julie, na baie druk op Nhantsi, het sy aan die SAL-raad 'n aanbeveling gemaak dat die kansellasiefooi deur die raad goedgekeur word.

Hofmeyr vra waarom sy dit aanbeveel en net deurgestuur het vir die SAL-raad om daaroor te besluit.

Nhantsi daar is 'n bepaalde formaat wat gebruik word wanneer 'n mens met die raad korrespondeer. Op die laaste bladsy kan 'n mens 'n keuse maak, aanbeveel of nie aanbeveel nie. Sy sê as sy kan, sal sy daardie formaat laat verander.

Hofmeyr sê Nhantsi het 'n besluit geneem om dit aan te beveel. Dit gaan nie daaroor dat daar 'n bepaalde formaat is hoe met die raad gekorrespondeer word nie.

Zondo vra of Nhantsi dit goedgekeur het. Het sy dit goedgekeur as die hele ding vir haar verdag was?

Nhantsi sê ja, sy het dit aanbeveel. Dit was weens die druk wat Mngadi en Myeni op haar toegepas het. Sy was baie bang oor die besluite wat sy moes neem en het aan haar man gesê sy is nie meer seker of sy by SAL moes gaan werk het nie.

18 Jun. 17:33:52

Hofmeyr vra Nhantsi hoekom het sy nie die fluitjie geblaas toe sy gedink het Myeni baat by die kontrak nie.

Nhantsi sê sy wou, maar dit is die eerste keer dat sy in die openbare sektor werk, sy het vrae gehad wat dan gaan gebeur.

18 Jun. 17:31:45

Zondo sê hulle kan vanaand tot 18:00 aangaan met getuienis.

18 Jun. 17:30:44

Hofmeyr verwys nou na 'n WhatsApp wat sy die oggend ontvang het toe sy 'n vergadering met nasionale tesourie gehad het. Daarin skryf Mngadi: "Jy is gekies om die SAL te lei. Om ons te lei. Jy neem die besluite, nie SAL se regsafdeling nie."

Nhantsi sê die geld wat uiteindelik deur BnP geëis is as kansellasiefooi, waar dit eers R129 miljoen was, is dit verlaag na R49,9 miljoen.

Sy getuig dat Myeni daaragter dit gesit het. Dit was nie nodig dat dié laer bedrag deur die SAL-raad goedgekeur hoef te word nie. Dit was nadat Nhantsi gedreig het sy gaan die bedrag in die ope aan die SAL-raad bekend maak.


18 Jun. 17:19:41

Zondo hoor van BnP-man se noue band met Dudu Myeni se seun

Zondo vra oor Mngadi. Toe Nhantsi daar begin werk het, was daar aan haar gesê Mngadi is "Myeni se persoon".

Later was hy deel van Nedbank.

Nog later was hy betrokke by BnP.

Maar deurentyd was hy steeds betrokke by Nedbank, BnP en ook die 'voorsitter se persoon', vra Zondo.

Nhantsi getuig sy was nie voorheen bewus daarvan dat Mngadi en Myeni 'n noue band gehad het nie.

Nhantsi getuig dat sy verlede week gehoor het Mngadi is 'n vriend van Myeni se seun, Thalente Myeni.

18 Jun. 17:13:13

Dudu Myeni sê sy sit niks op skrif nie, sal nie uitgevang word nie

Nhantsi getuig daar is baie druk op haar geplaas. Daar is aan haar gevra hoekom sy nie 'met ons' saamwerk nie.

Zondo vra of sy toe nog gemaklik gevoel het met Mngadi se optrede.

Nhantsi sê die druk was nie net van Mngadi af nie, maar ook van Myeni.

Sy sê dat sy en Myeni voorheen goed oor die weg gekom het. Myeni het selfs aan haar gesê die rede waarom niemand ooit iets teen haar sal kry nie, was omdat sy niks op skrif sit nie. Dit was sowat 'n week of twee nadat Nhantsi by die SAL begin werk het. Sy getuig dat sy net gelag het hieroor, maar later tot haar eie voordeel gebruik het.

Mngadi het in dié stadium vir BnP gewerk.

18 Jun. 17:08:52

Adjunkhoofregter Raymond Zondo.

Meer oor:  Sal  |  Raymond Zondo  |  Johannesburg  |  Zondo-Kommissie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.